'Ek kan enigiets doen'
Laerskool Eros in Windhoek was verlede Saterdag ’n miernes van bedrywighede met Namibië se eerste viering van Downsindroomdag.
Dié pretdag is bygewoon deur kinders met downsindroom (DS) wat verbonde is aan die Môreson- en Dagbreekskole vir kinders met spesiale behoeftes, asook deur familie, vriende en die permanente sekretaris in die ministerie van onderwys, kuns en kultuur.
Borge en vrywilligers van die Universiteit van Namibië (Unam), DB Audio, Blikbekers Catering en Pulse Studio Namibia het elk hul deel gedoen om van die dag ’n reusesukses te maak.
Die doel van die dag was nie net gesellige samekoms nie, maar ook om die publiek bewus te maak van mense met gemengde vaardighede, en om te verseker mense met downsindroom ontvang ondersteuning en het toegang tot gesondheidsorg, onderrig en ’n veilige werkomgewing.
Niita en Desiree, wat beide downsindroom het en werk, het ’n blik gegee op die toekoms waar onderrig en maatskaplike en ekonomiese insluiting ná skool kan voortgaan.
Die leuse #icandoanything, ondersteun deur die Downsindroomvereniging van Namibië (DSAN), het voorts ten doel om mense met DS te bemagtig en by alles van onderrig tot gesondheidsorg en werkgeleenthede te betrek.
Sowat 25 nuwe lede is Saterdag by DSAN geregistreer.
Lidmaatskap is gratis.
Vir meer inligting oor die vereniging, skakel Anita by 081 242 2302, of Eline by 081 124 4202, stuur ’n e-pos aan [email protected] of besoek www.downsyndromenamibia.org.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie