Elfde weergawe van AWS nou beskikbaar
Hierdie elfde, omvattend herbewerkte uitgawe bied (naas bestaande hoofstukke oor wisselvorme, getalle ens.) twee nuwe hoofstukke wat onderskeidelik leestekens en trappe van vergelyking bereël. Bestaande reëls is aangepas en word eenvoudiger verduidelik. Nuwe lyste bied duidelike leiding oor plekname in die Ooste, landname met hul geldeenhede en ISO-kodes, en elemente in die periodieke tabel. Skryfhulp oor transliterasie, Omgangsafrikaans en die SI-stelsel maak dié uitgawe ’n volledige hulpbron. Die Taalkommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns wat meegwerk het aan hierdie tiende uitgawe van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls, sluit die volgende persone is:
Prof. Ernst Kotzé (voorsitter); Mnr. Tom McLachlan (ondervoorsitter); Dr. Frikkie Lombard; Prof. Gerhard van Huyssteen; Prof. Johan Anker; Prof. Marietta Alberts; Prof. Anna Otto en Me Madaleine du Plessis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie