Flaminke uiteindelik by die see
Tanja Bause
Dr. Erika de Jager van Zuri Orphanage vir wilde diere in Tsumeb het op 22 Julie die eerste van vyf kleinflaminke in haar praktyk ontvang.
“Die eerste flamink het ons van Ohorongo Cement af gekry. Ons het twee vanaf Dundee Precious Metals in Tsumeb en twee van privaat mense ontvang.”
Die kleinflaminke migreer vanaf Etosha na die kus.
“Hulle moet minstens 900 gram weeg om die reis te kan aanpak. Baie van hulle raak moeg, veral as die wind so waai en dan gaan sit hulle iewers. Baie van hulle word ook beseer en kan nie die migrasie voltooi nie,” het De Jager vertel.
Hoewel die migrasie elke jaar gebeur, is dit die eerste keer dat flaminke by Zuri Orphanage afgegee word.
“Die wind het hierdie jaar baie vroeg begin waai.”
Omdat dit die eerste keer was dat De Jager flaminke in haar praktyk ontvang het, het sy me. Liz Komen van die Namibië Diererehabilitasie- en Onderrigsentrum (NARREC) om hulp genader.
“Ons het vyf kleinflaminke ontvang waarvan een amper onmiddellik gevrek het. Twee moes ons ná ’n maand uitsit omdat hulle nie kans staan nie, al het ons alles probeer doen. Twee is by Myl 4 se soutwerke naby Swakopmund vrygelaat en dit gaan baie goed met hulle.
“Om die flaminke te versorg, het toewyding van verskeie mense gekos. Van my personeel op die plaas wat hulle in die water geplaas het sodat hulle oefening kan kry, tot dr. Lee-Monique Anderson wat gehelp het om hul pote elke dag te masseer. Hulle is na buite gedra en saans terug badkamer toe waar hulle geslaap het. Ek wil almal bedank wat met hulle gehelp het.”
Volgens De Jager was die twee gesonde flaminke reg om te vlieg, maar die weer was ongunstig. Die wind was te sterk en die weer te koud. Dit was ook baie moeilik om kus toe te gaan weens die hoktyd.
“Ons was besig om planne te maak toe Formula Couriers tot ons redding gekom het. Hulle het die twee oorlewende flaminke Swakopmund toe vervoer waar hulle by die soutwerke vrygelaat is.”
Die flaminke is ook met twee ringe gering. Een van die ringe is heldergroen. Mense word versoek om met Zuri Orphanage op Facebook in verbinding te tree as hulle die flaminke met die heldergroen ringe sien. Op dié bladsy kan belangstellendes ook die nuutste vordering van die flaminke en ander diere volg.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie