/Gasa se première in Windhoek
Die première van /Gasa, ’n plaaslike animasierolprent wat deur Linda de Jager geskryf en vervaardig is, vind hierdie naweek in Windhoek plaas.
Die rolprent sal vandag om 14:30 by die Hisa-gemeenskapsentrum in Okuryangava en op Saterdag 6 Februarie om 10:00 by die FNCC draai.
Die animasie vertel die verhaal van /Gasa wat met ’n boodskap uit die verlede vir die huidige geslag kom – met kennis van die aarde. /Gasa beteken “’n man wat vir ’n doel hier is”.
Die film is veral geskik vir kinders tussen 7 en 13 jaar oud. In die eerste episode reis /Gasa na die noorde van Namibië deur die Etosha Nasionale Park en vind sy pad na die kokerboomwoud om ’n nuwe koker te maak.
Op pad vertel hy verskeie tradisionele stories oor diere, insluitend die verhaal van hoe Jakkals sy swart rug gekry het. Waar hy ook al gaan, wens die Namibiërs hom goeie geluk toe.
In die tweede episode reis hy na die Topnaar-gemeenskap naby Walvisbaai, proe die “brood van die woestyn” en beswyk amper aan die Skedelkus sonder water. Hy is egter vasbeslote om die Ovahimba-mense te ontmoet om meer oor die swartrenoster en die stropingsprobleem in die gebied te leer en hy gaan dapper op sy reis voort.
Een nag onder die sterrehemel kom hy tot ’n verrassende insig oor wat diere vir die wêreld beteken.
Die manewales van sy maatjie, mnr. Gecko, vermaak hom langs die pad. Hierdie twee unieke vriende sal gewis ’n spesiale plek in die harte van kykers van alle ouderdomme verower. Toegang is N$5 vir kinders en N$15 vir volwassenes.
Vir verdere inligting besoek africavenir.org en facebook.com/AfricavenirWindhoek of kontak [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie