/Gâses kry nuwe regsverteenwoordiger
Jessica Botes - Een van die sewe beskuldigdes in die Avid-bedrogverhoor het ’n nuwe regsverteenwoordiger aangestel.
Mnr. Petrie Theron, wat nou namens die beskuldigde, me. Inez /Gâses, optree, het die hof gevra om die verhoor tot 13 Junie uit te stel sodat hy sy kliënt se verdediging kan voorberei.
/Gâses het verlede week haar voormalige regsverteenwoordiger, mnr. Werner Boesak, afgedank.
Sy en haar medebeskuldigdes, mnre. Mathias Shiweda, Paulus Ilonga Kapia, Otniel Podewiltz, Ralph Blaauw, Nicolaas Cornelius Josea en me. Sharon Lynette Blaauw, se verdediging het verlede week in die hoërhof begin.
Die 48-jarige Kapia wat destyds die leier van die Swapo Jeugliga was, is die eerste beskuldigde wat ter verdediging van homself na die getuiebank geroep is. Hy het onder meer oor sy betrokkenheid by Avid as ’n direkteur by dié maatskappy getuig.
Volgens Kapia het hy en sy medebeskuldigdes nooit die idee gedeel dat hulle geld sou steel nie en dat hulle nooit van plan was om die geld na
Namangol vir selfverryking te kanaliseer nie.
“Die plan was altyd om die geld te belê en dit met rente aan die SSC terug te betaal en om minstens kommissie as ’n wins in te samel,” het Kapia gesê.
Kapia het volgehou dat hy nooit die SSC se bestuur probeer beïnvloed het om in Avid te belê nie; inteendeel, hy het glo vir hulle gesê hulle moet nie in Avid belê as hulle nie gemaklik voel nie. “Ek het vir hulle gesê Avid is ’n klein, nuwe maatskappy en dat hulle die korrekte prosedures met betrekking tot beleggings moet volg,” het hy getuig.
Die staat beweer die
beskuldigdes het vanaf 2004 tot 2005 altesaam N$30 miljoen wat deur die SSC in Avid belê is, na ander rekeninge oorgeplaas.
Sowat N$29 500 000 van die SSC se belegging was glo gekanaliseer na Namangol Investments, die batebestuursmaatskappy van Josea, wat toe N$20 miljoen na mnr. Allan Rosenberg se bankrekening in Suid-Afrika oorgeplaas het.
Nadat ’n hofbevel in Suid-Afrika teen Rosenberg uitgereik is om die geld terug te betaal, is bykans N$15 miljoen aan Josea terugbetaal.
Dié geld is na bewering glo vinnig tussen ’n groot aantal begunstigdes verdeel.
Regter Christie Liebenberg het Theron se aansoek om uitstel toegestaan.
Mnr. Sisa Namandje tree namens Kapia op terwyl mnr. Jan Wessels vir Shiweda verteenwoordig. Mnr. Slysken Makando verteenwoordig vir Josea en mnr. Gilroy Kasper verteenwoordig vir Podewiltz en die Blaauw-egpaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie