//Kharas in vennootskap met Noordkaap
//Kharas in vennootskap met Noordkaap

//Kharas in vennootskap met Noordkaap

Augetto Graig
Augetto Graig - Mnr. Jan Scholtz, //Kharasstreeksraadslid, het op 19 Julie ’n afvaardiging van hoë regeringsbeamptes van die streek af na Suid-Afrika gelei waar hulle met die premier van die Noordkaap, me. Sylvia Lucas, vergader het.

Die vergadering het ten doel gehad om terugvoering te gee oor vordering rondom ’n vennootskapsooreenkoms tussen //Kharas en die Noordkaap.

Die ooreenkoms het nuwe lewe gekry in Mei vanjaar ná dit oorspronklik in 1999 gesluit is.

Volgens Scholtz kon dié herlewing nie op ’n beter tyd gekom het nie.

“Ons hoop hierdie vennootskap versnel die ekonomiese transformasie van beide lande en die vasteland in die algemeen deur die skep van slim beleggingsgeleenthede, veiligheid en sekuriteit, verbeterde onderwys, asook kulturele verdraagsaamheid,” sê hy.

Volgens Lucas is dit in die belang van beide Namibië en Suid-Afrika om hard te werk aan die bevordering van handel gebaseer op die ooreenkomste tussen die twee lande.

“Ons uiteindelike doel is om integrasie in die streek te versterk met die oog op armoede-uitwissing en die bereiking van ander ekonomiese en nie-ekonomiese ontwikkelingsdoelwitte,” sê sy.

“Hierdie sessie bied ons die geleentheid om menings oor sake van gemeenskaplike belang uit te ruil sodat partye kan saamwerk om oplossings te vind.

"Ek is van mening dat ons ’n nuwe aksieplan moet implementeer wat in lyn is met die nuwe realiteite, sodat ons die maksimum voordeel uit die ooreenkoms kan kry,” sê Lucas.

Sy sê die Suid-Afrikaanse regering heg baie waarde aan hul goeie verhouding met Namibië.

“Wedersydse betrekkinge tussen Suid-Afrika en Namibië sal bly versterk. Ons moet dus probeer om gunstige toestande te skep wat ons mense in staat sal stel om voordeel te trek uit sulke ooreenkomste,” sê sy.

Volgens Scholtz is belangrike besluite tydens die vergadering geneem, wat insluit dat ’n evalueringsproses vir opvoeding in // Kharas en die Noordkaap geïmplementeer word.

Aandag moet aan gesondheidsorg geskenk word, asook aan probleme wat tans ervaar word wanneer kinders die grens oorsteek.

Beide regerings moet betrokke wees en bestaande landbouprojekte moet dringend aandag kry, sê Scholtz.

Die vereniging van plaaslike owerhede in Namibië (Alan) moet ook betrokke en ingelig wees.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!