||Kharas-inwoners gebruik nog emmertoilette
||Kharas-inwoners gebruik nog emmertoilette

||Kharas-inwoners gebruik nog emmertoilette

Die uitskakeling van dié stelsel sal beter higiëniese toestande teweegbring, wat beter lewensomstandighede vir die inwoners beteken.
NAMPA
Volgens me. Lucia Basson, goewerneur van die ||Kharasstreek, maak 207 huishoudings in die streek van emmertoilette gebruik.

Só het sy gedurende haar onlangse streekrede gesê.

Volgens Basson is 514 toilette as deel van die Harambee-welvaartsplan in die streek aangebring om van die emmerstelsel ontslae te raak.

“Ons het 98 emmertoilette op Grünau, 28 op Kosis en 81 op Tses. Ons moet toegee daar is finansiële uitdagings en ’n gebrek aan rioolstelsels in die gebiede.

“Die uitskakeling van die emmerstelsel sal beter higiëniese toestande teweegbring, wat beter lewensomstandighede vir die inwoners beteken.”

Basson het gesê 4 147 mense het vir droogtehulp aansoek gedoen en die regering deel 3 353 kospakkies aan elke streek uit.

“In die Keetmanshoop- stedelike kiesafdeling is 2 018 mense geregistreer, terwyl 863 in die Keetmanshoop- landelike kiesafdeling geregistreer is. In die Berseba-kiesafdeling is 1 716 mense geregistreer, 170 vir !Nami#nus, 197 in Karasburg-Wes, 7171 vir Karasburg-Oos en 257 vir Oranjemund.”

Die getalle sluit in volwassenes sonder voedselsekerheid, pensioenarisse, mense met gestremdhede, wees- en weerlose kinders, pleegouers en oorlogsveterane.

Die goewerneur het bygevoeg 67 eise is sedert April deur boere onder die bemarkingsubsidie ingestel, met ’n totale waarde van N$500 000, terwyl 32 ter waarde van N$24 000 onder die voersubsidie ingedien is.

Bemarking- en voersubsidies is ingestel om boere in tye van droogte te ondersteun.

Basson het gesê die getal mense wat maatskaplike toelae in die streek ontvang, het gedurende die 2018-’19-boekjaar van 7 288 tot 7 461 toegeneem. – Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!