||Kharas, Noord-Kaap versterk verbintenis
Die vennootskap van 22 jaar tussen die Noord-Kaap en die ||Kharasstreek is onder die loep gebring.
Elizabeth Joseph op Keetmanshoop
Die hoë kommissaris van Suid-Afrika, mnr. Archie Whitehead, en sy afvaardiging het onlangs Keetmanshoop besoek om die tweeling-ooreenkoms tussen die ||Kharasstreek en die Noord-Kaap te bespreek.
Me. Aletha Fredericks, die goewerneur van dié streek, het gesê die sosioëkonomiese omgewing was die dryfkrag agter die vergadering en dat die bilaterale verhouding tussen die twee lande projekte sal benut en vennootskappe sal vestig wat ’n impak op die ekonomiese klimaat van beide lande sal hê.
“Hierdie ooreenkoms het die weg gebaan vir Namibiese studente om toelating tot toptersiêre instellings in Suid-Afrika te kry. Ons het al verskeie kere gesien onderrig- en leerprosesse word verryk en moet daarom uitgebrei word wanneer die geleentheid hom voordoen,” het Fredericks gesê terwyl sy die belangrikheid van die ooreenkoms beklemtoon het.
Die samesprekings het die vennootskap van 22 jaar tussen die Noord-Kaap en die ||Kharasstreek uitgelig wat belanghebbendes in staat gestel het om die vordering wat gemaak is te hersien en te bekragtig, en om bilaterale betrekkinge op streek- en provinsiale vlakke van die twee lande te hernu en te versterk.
Fredericks het verder gesê die onontginde potensiaal van die streek lê in die landbou- en toerismesektor, asook in die beoogde groen waterstof-energie.
Whitehead het gesê die streek het die beste klimaat vir die aanplanting van druiwe en dadels.
“Hierdie is prosesse wat uitgebrei moet word om verskeie ander landboumetodes wat organies is, in te sluit,” het hy gesê.
Hy het verder die noodsaaklikheid beklemtoon om die natuur te beskerm “aangesien klimaatsverandering ons stadigaan begin wys hoe belangrik die volhoubaarheid van hulpbronne is”.
UITDAGINGS
Mnr. Ralph Sachika, die streekraad se adjunkdirekteur van beplanning en ontwikkeling, het gesê die lang afstande tussen die twee lande is die grootste struikelblok.
“Die meeste uitdagings sluit probleme in met die harmonisering van beleide, die integrasie van begrotings en ontwikkelingsdoelwitte, en die verskille in agendas tussen Namibië en die Noord-Kaap. Dit is dus ’n stryd om projekte te koördineer en te fasiliteer,” het hy gesê.
Die ooreenkoms is aanvanklik twee dekades gelede voorgestel en hierdie is die tweede implementeringsfase. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie