/Khowese kry nuwe hoofman
Mnr. Hendrik Ismael Witbooi is Saterdag by die Gibeon-nedersetting in die Hardapstreek as die /Khowese(Witbooi)-stam se negende hoofman (gaob) aangewys.
Ismael volg die ontslape hoofman Hendrik Witbooi, voormalige adjunkminister van Namibië en leier van die /Khowese sedert 1978 tot sy dood in 2009, op.
Sy inhuldiging is vroeër bedreig deur ‘n aansoek wat deur sy neef en voormalige hoë kommissaris van Zambië, mnr. Salomon Josephat Witbooi, sy ma, me. Anna Jacobs, mee. Elizabeth Kock en Christina Fredericks en past. Penias Topnaar gebring is vir ‘n dringende interdik om te voorkom dat Saterdag se seremonie voortgaan.
‘n Aansoek om Salomon se aanwysing as tradisionele leier goed te keur, is aan die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, mnr. Peya Mushelenga, gerig, maar op 22 Mei vanjaar het Mushelenga ‘n aansoek goedgekeur dat Ismael Witbooi amptelik as hoofman erken word.
Die poging om Ismael se inhuldiging te keer, het misluk toe regter Thomas Masuku Vrydag in die hoërhof bevind het die dringende aansoek moet van die hofrol geskrap word omdat dit nie ‘n dringende aangeleentheid is nie.
Witbooi se inhuldiging is onder meer deur die visepresident, mnr. Nangolo Mbumba, die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, en verskeie ander ministers, goewerneurs en plaaslike raadslede bygewoon. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie