Mega-winkelsentrum vir Dubai beplan

Dit gaan nie net nóg ’n inkopiesentrum wees nie, maar een waar tegnologie om elke hoek loer – selfs binne aanpaskamers.
Elvira Wood – Gedink Dubai is reeds die mekka wanneer dit by inkopies kom?

Wag tot jy die planne sien vir die winkelsentrum met ’n vloeroppervlak van meer as 100 sokkervelde.

Dit gaan nie net nóg ’n inkopiesentrum wees nie, maar een waar tegnologie om elke hoek loer – selfs binne aanpaskamers.

CNN berig die nuwe sentrum gaan sowat $2 miljard kos en in Dubai se Creek Harbour-ontwikkeling gebou word.

Dubai Square gaan die grense van moderne kleinhandel en ontspanning deur middel van tegnologie verskuif,” sê ’n woordvoerder van Emaar Properties.

Emaar Properties gaan die sentrum saam met Dubai Holding ontwikkel.

“Dit is ontwerp vir die nuwe era van klante, wat digitaal, verbind en tegnologies vaardig is.”

Daar gaan selfs interaktiewe spieëls in aanpaskamers wees. Die winkels wat in die sentrum is gaan ook met digitale platforms verbind wees.

Die sentrum gaan egter nie nét tegnologie bied nie. ’n Enorme waterglybaan, restaurante, rolprentteaters en vele meer behoort mense van heinde en verre te lok.

Bronne: Emaar Properties, CNN – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!