Moordverdagtes op Otjiwarongo kry borgtog
Moordverdagtes op Otjiwarongo kry borgtog

Moordverdagtes op Otjiwarongo kry borgtog

NAMPA
Twee mans wat van die moord op ‘n Zimbabwiër in Junie vanjaar op Otjiwarongo verdink word, het elk borgtog van N$5 000 gekry. Die 23-jarige Jandre Jansen van Vuuren en die 22-jarige Jonathan Myburgh is deel van vyf verdagtes wat in hegtenis geneem is vir die moord op die 43-jarige Hlaisanani Zhou op die dorp op 6 Junie vanjaar.

Van Vuuren, Myburgh, die 29-jarige Roberto Katjinamunene, die 26-jarige Kefas Kuutondokwa en die 20-jarige Hendrik Simupureni het na bewering Zhou by Etemba Plaza op 3 Junie aangerand en ernstig beseer, nadat hy glo houtgom ter waarde van N$29 gesteel het. Zhou het minute ná die aanranding weggestap, maar inmekaar gesak en gesterf. Die vyf verdagtes het as toesighouers en sekuriteitswagte by die inkoopsentrum gewerk, terwyl Zhou ‘n straatverkoper was.

Katjinamunene, Kuutondokwa en Simupureni is Maandag in die landdroshof op Otjiwarongo op borgtog van N$3 000 elk vrygelaat. Die verdagtes verskyn weer op 10 November in die hof. – Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!