Nuwe uitvoerende hoof vir Agribank
Ronelle Rademeyer – Die direksie van Agribank het bekend gemaak dr. Raphael Karuaihe het Maandag ingeval as die landbank se nuwe uitvoerende hoof nadat hy in Oktober verlede jaar in die plek van mnr. Sakaria Nghikembua aangestel is.
Me. Dagmar Honsbein, ondervoorsitter, sê die direksie en personeel het groot vertroue in Karuaihe om die bank in hierdie moeilike tye “noukeurig te navigeer” ten einde die uitdagings en risiko’s wat deur die uitgerekte droogte en die impak van Covid-19 geskep is, te versag.
Sy spesiale fokus sal wees om na die groei en finansiële volhoubaarheid om die bank om te sien sodat die staatsonderneming gehoor kan gee aan sy mandaat.
Dr. Karuaihe se termyn val volgens haar saam met die nuwe vyfjaar- strategiese plan van die bank wat van 2022 tot 2026 sterk. Dit plaas strategiese klem op besigheidsbewaring en groei, finansiële volhoubaarheid asook produk- en tegnologiese innovering.
Die landbank se doel is om bekostigbare en skeppende landboufinansieringsoplossings te bied, sê Honsbein.
Sy sê Karuaihe beskik oor 'n magdom unieke kennis en ervaring. Hy het baie jare in die finansiëledienstebedryf deurgebring waar hy institusionele kliënte oor beleggings en risikobestuur geadviseer het. Hy het sedert 2012 as die hoof van kommoditeite by die Johannesburgse aandelebeurs (JSE) in Suid-Afrika gewerk waar hy verantwoordelik was vir toesig oor landbou- en nielandboukommoditeite binne die kapitaalmarkte-afdeling.
Karuaihe het 'n doktorsgraad in landbou-ekonomie aan Washington Universiteit in die VSA en 'n meestersgraad in bankwese en beleggingsbestuur by die Maastricht Skool vir Bestuur in Nederland verwerf.
FOTO
Dr. Raphael Karuaihe, nywe uitvoerende hoof van Agribank. Foto verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie