Rooivleisbedryf treur oor topgenetikus Michael Bradfield
Rooivleisbedryf treur oor topgenetikus Michael Bradfield

Rooivleisbedryf treur oor topgenetikus Michael Bradfield

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die Suider-Afrikaanse en internasionale rooivleis- en stoetveebedryf het met die dood van dr. Michael Bradfield (56) Donderdagaand in Pretoria ’n genetiese reuse verloor, iemand met versiendheid wat die verbetering van die totale waardeketting nagestreef het.
Só mnr. Mecki Schneider, stoetteler, boer en hegte vriend van Bradfield.
"Bradfield was ’n wêreldklas-genetikus wat sedert die negentigerjare ‘n reusebedrae gelewer tot die genetiese verbetering van beesrasse in Suider-Afrika.
"As uitgelese wetenskaplike het hy die nuwe wêreldklas- genetiese evaluasiestelsel, bekend as Breedplan, gevestig. Dit het die Suider-Afrikaanse stoetbedryf onmiddellik in ‘n wêreldkonteks geplaas," sê Schneider.
Mnr. Paul Strydom, uitvoerende bestuurder van die Vleisraad van Namibië, beaam wat Schneider gesê het.
“Danksy hom het die Namibiese vleisbedryf baat gevind by die toepassing van die Breedplan-stelsel en kon ons die genetiese vooruitgang van die meerderheid rasse en die internasionale maatstaf daarvan verbeter.
“So ook kon ons deur die ultrasoniese skandering van sekere parameters van die lewende dier, vleiskwaliteiteienskappe bepaal,” sê hy en verwys ook na die waarde wat die jaarlikse Aldam Veeskool in die Vrystaat, ook Bradfield se inisiatief, vir Namibiese produsente gehad het.
Mnr. Ryno van der Merwe, voormalige president van die Namibië Landbou-unie (NLU) en ook ‘n stoetteler en vriend, sê hy was ‘n kundige wetenskaplike wat sy kennis in die praktyk toegepas het.
“Hy was altyd aan die voorpunt van die jongste wetenskaplike en tegnologiese ontwikkeling en verwikkeling. Sy dood is ’n ongelooflike verlies vir die wêreld,” sê hy.
Bradfield is aan kanker dood.
Lees die volledige berig Maandag in Republikein.


Onderskrif: Wyle Bradfield en sy vrou, Elmarie. Foto Facebook

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!