Shaningwa kry 24 jaar vir padwoede-moord
Danne Rodney Shaningwa (45) is vandag (Donderdag) deur regter Christie Liebenberg in die hoërhof in Windhoek tot 24 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op 'n Finse burger tydens 'n padwoede-voorval in Windhoek twee jaar gelede.
Hy het mnr. Ronni Marco Kristian Uolevi (42) in die nagtelike ure op 9 Augustus 2015 naby 'n kuierplek in Bellstraat in die hoofstraat doodgeskiet.
Dit het gebeur nadat Uolevi met sy voertuig agter in Shaningwa s'n vasgery het.
Benewens 'n klag van moord, is hy ook skuldig bevind op 'n klag van dwarsoming van die gereg aangesien hy nie die voorval aangemeld het nie en sy voertuig versteek het.
Die vonnis hierop sal gelyktydig met die vonnis van 24 jaar vir moord, uitgedien word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie