SMS'e vir 12 Julie 2018
SMS'e vir 12 Julie 2018

SMS'e vir 12 Julie 2018

"Hoe is dit moontlik. . ."
Mandy Rittmann
Ja, so word gesê ouers het nie geld vir skoolfonds nie, maar hul kinders loop met selfone, die netjieste, duurste klere en ander bykomstighede. Dis te maklik en gerieflik om net skouers op te trek en te sê daar is nie geld vir skoolfonds nie?

Hoe is dit moontlik, dat 'n kliniek nie medisyne het nie? Die staatspasiënte moet hul eie medisyne gaan koop.



Skande! Ministers Derek Klazen en Zephania Kameeta, jul ongeoorloofde kritiek teen Afrobarometer stink. Net leë Swapo getrompetter en kruipery. Die enigste ware feite uit eie Afrika-bodem word aangeval. Almal is bly saam met Berseba vir 20 huisies, maar wat dan van Windhoek? Siesa!



Minister Simataa at a time where Namibia is bankrupt, is it really necessary to put up a statue for Frank Fredericks? At what cost? Also he was suspended by the International Olympic Committee due to allegations of corruption. Is it not wise to await the outcome of that investigation before squandering millions (we don't have) on a monument?



Ons kan nie taxi's N$15,00 betaal nie. Dit moet nog N$10,00 bly tot daar met taxi's uitgekom word wat ons so roof en moor, asseblief. Laat daardie onware taxi's eers uitgehaal word. Ons raak bang om op enige taxi te klim. So taxi-manne, julle wat N$15,00 soek, bring uit die skelms.



Die Avid-saak op die keper beskou eindig na sowat 13 jaar, ja sowaar! Die grootste geloofwaardigheid is geanker in die terugkry van die miljoene en rente oor dertien jaar verdien met gelyke vonnisse. Miljoene verdamp nie oor 13 jaar nie. Is daar nie regsinstansies soos in buurlande wat verder delf om die miljoene te herwin nie?



Jagfoto's: Skiet en poseer. Almal van julle wat broekies nat maak oor jag en poseer, hoop julle is almal vegetariërs. Dink julle biltong en vleis in supermarkte val uit die hemel? Doen jou huiswerk. Een bok, een skoot, al het hy nie 'n geweer om hom te verdedig nie. Gaan kyk by Windhoek slagpale, waar 1 000 beeste, bokke en skape elke dag ­geslag word, die gekerm van daai diere. Hul ryk die dood en bloed, hulle kan hulle ook nie self verdedig nie, dan sien jy waar kom jou supermarkvleis vandaan.



27,6 Million for motorcade and aircraft! President and former presidents do you feel anything at all for the tax payer and poor people when you splurge 27,7 million on luxury transport alone. Never mind the millions you splurge on other luxuries? And that while schools, health and everything else is on their knees and country is bankrupt? Shame on you!



Die groepfoto in 'n koerant van NBL saam met polisiemanne (sic, ­gevangenisdiensbeamptes) getuig van swak smaak. “Responsible drink­ing” is 'n holruggeryde, nikssegende onwaarheid. In dieselfde koerant op dieselfde dag berig dieselfde koerant van twee moorde by 'n nagklub in die Suide en nog een by 'n sjebien in die hoofstad. In beide gevalle het drank 'n rol gespeel. Ein Prosit!



Dokters uit buiteland: 'n Jaar of wat gelede het een van ons plaaslike radiostasies berig dat een van die Spaanssprekende lande in die ­Amerikas dokters in Spanje gaan werf het, omdat volgens hulle evaluasie hulle senior verpleegsusters beter gekwalifiseerd is as Kubaanse GP's. Dit maak 'n mens bekommerd.

Windhoek se “tow-in” is tops! Ja, wat sal ons doen as hulle nie daar is nie. By die ongeluk wat Vrydagaand in Rietfonteinstraat en Brukkarosstraat in Kleine Kuppe plaasgevind het met die Audi was die “tow –in” flink daar. Dankie vir julle diens.



Die skrywer wat die insleepdienste "aasvoëls" noem, het reg, want anderdag meld ek 'n klein ongeluk aan en binne drie minute kom daar sewe “tow-in's” daar aangejaag. Hulle ry daardie V6'e dat dit stink.



Skok en teleurstelling! Sterk alkohol was verkoop by 'n sekere laerskool in Khomasdal se "funday". Die ­onderwysers was meeste dronk. Watse voorbeeld is dit vir die arme klein kinders? Ek is diep teleurgesteld. Sal dit met die ministerie moet opneem.



Ek het het Saterdag skoon hoendervleis gekry toe ek by Rehoboth begraafplaas kom. Die manne verantwoordelik dat dit so mooi lyk, ek is trots op julle. Julle is meer as 'n dankie werd. Dankie, dankie, dankie!

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer