SMS'e vir 13 Junie 2018
". . .na niks gekyk. . ."
Die ongeluk 3 kilometer diskant Rehoboth. "Tyre" bars, 4 mense sterf. Ek verstaan nie. Jy is by jou eindbestemming, waarom moet jy Rehoboth binnery op so ’n hoë spoed? Ek sien dit elke dag, hoe jong manne van Rehoboth dink ’n kar is ’n speelding. Verminder spoed, jy is klaar in Rehoboth. "Arrive Alive!"
Ja, ons wil ook weet of Nujoma sal aangespreek word.
Wanneer sal Namibiërs ooit besef almal in Namibië sal nie welaf raak nie. Ook nêrens in die wêreld is dit in enige land die geval nie. Nooit! Agterbuurtes is so oud soos die mensdom self. Leef daarmee saam of probeer dit verander en vernietig alles wat reeds bereik is, die keuse is joune. - SAP&H
Congratulations Utoni Nujoma, hats off on coming out with the truth. Uncovering the truth regarding expensive farms not for the poor, but the elite. At last the people are made aware of the reality of the governments goal, namely to enrich the upper and middle class and bugger the poor. You don’t matter! Remember this revelation come voting time!
Aan mnr. Paul Nakawa, woordvoerder van Air Namibia. Hoe is dit moontlik dat daar van jul dienste gebruik gemaak word alvorens daar betaal word? In watter era lewe ons, waar jy eers geniet en dan betaal in plaas van anders om?
Dit is loutere snert! Die 1ste president het alles in goeie kondisie ontvang. Oor 'n tydperk van 20 jaar is alles opgeneuk, as gevolg van wanbestuur en geen “maintenance.” Hage is "unfortunate" dat alles so vervalle en uitmekaar is toe hy oorneem. Moet byvoeg, ek is geen Swapo-aanhanger, maar jul kan nie alle skuld voor Hage se deur lê nie.
Wat gaan in ons land aan? Mense word "retrench" van hulle werke. SME’s speel bankkrot. SME Bank wat SME’s gehelp het, het toegemaak. Geen "government" tenders nie. Mense moet hul huise en karre verkoop om te oorleef. Kinders wat klaar studeer het, kry nie werk nie. Waar sal dit eindig?
Ahhhh shame! Now Kapia is begging for mercy and a wholly suspended sentence? Or a fine? So he still has millions? Not so nice when you get caught fraudulently and recklessly dealing with other peoples money is it? What about the people who's money vanished? He was in government and should have been an example to others! Jail the lot of them to make an example and hopefully deterrent to future fraudsters!
Ons Burgemeester. Ek wag nou meer as 18 jaar vir ’n stukkie erf agter my jaart. Kan u asseblief iets doen.
MVA Fund Windhoek. Privaat en staat kan by julle gaan leer. Volpunte vir kliëntediens van julle ontvang. Goeie Engels, goeie Afrikaans, vriendelik en behulpsaam. Hou asseblief so aan!
Ja, Daantjie Louw is (ook) oor die groot rivier soos so baie ander groot geeste voor hom. Hoe onthou ek nie ons geselsies voor sy kantoor in die son as dit winter was nie. Ons het teruggekyk na toe en gewonder oor nou. Nou wonder ek maar alleen oor nou. - Ollie Joubert
Invalshoek: Sê Rudi moet liefs nie knertsies saam met sy pa rondom die kombuistafel maak nie. Drink en motorbestuur lê en loer vir hom.
Die probleem met staatsgeboue is nie net die vorige presidente nie. Die geboue was in goeie toestand van die vorige bedeling, maar daar word na niks gekyk nie of gewaardeer nie. Kyk ook maar na SA, dit is altyd iemand anders se skuld.
Wil die inspekteur-generaal vra of dit toelaatbaar is dat ’n polisievrou ’n smokkelhuis, wat onwettig is, in Groot Aub kan opereer. Kyk net wat het daar by daardie smokkelhuis Sondag gebeur. ’n Polisieman is daar by daardie plek gesteek, maar Groot Aub se dinge word toegesmeer en word nie op die lappe gebring deur die polisie nie.
Republikein gedateer 11 Mei 2018 oor rugby: Julle "report" net oor die Aussies en die gelukkige Springbokkies. Ek/ons wil ook graag lees oor die All Blacks se kragtige spel en hoe hulle die wêreld aan vlarde speel. Groot asseblief!
Ek wonder net van ons leiers. In Aus het ons vir 2018 nog nie met "Settlement"-kantoor en raadslid Jan Scholts enige vergadering gehad nie. Ons benodig ’n dringende vergadering om van die leiers te hoor wat hul plan is met die 6 biljoen wat Aus vir ontwikkeling gekry het. Kom ons sit as leiers en gemeenskap saam om idees te deel. Ken die gemeenskap van Aus in die reëlings en beplannings asseblief?
Ek het simpatie met ons land se president. Hy sal nie kan kommentaar lewer teen minister Utoni Nujoma se uitlatings teen Namibië se armes nie. Tree hy op, is hy sy pos kwyt.
Die afgelope paar maande was my Telecom telefoonrekening baie hoër as wat dit was. Na navraag ontvang ek die tariewe van internasionale oproepe (SA). Geen verskil tussen piek en nie-piek tye meer nie. Wanneer het dit verander en hoekom is die kliënte nie ingelig nie?
Het u gesien hoe vergelyk die programme in die koerant met dit wat op die TV wys? Programme en die tyd van vertoning. Ek verwys na NBC se kanale en One Africa. Party programme is maande gelede klaar, maar pronk steeds soos ’n nuweling. Elenas Ghost spook nou al by India Love Story. As ek alles moet noem, sal my SMS die bladsy beset. Ons het gekla, maar ons kry die normale antwoord: “Ons sal daarna kyk, baie dankie.” - Dirk van Zyl (Ons is afhanklik van TV-kanale vir die tydige voorsiening van programme. - Redakteur)
Is steeds op soek na kankerbossaad. Help asseblief!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie