SMS'e vir 13 Oktober 2017
SMS'e vir 13 Oktober 2017

SMS'e vir 13 Oktober 2017

“. . .almal een perd se prys. . .”
Mandy Rittmann
Wat ’n skande dat die Jeugraad N$5 miljoen so kan mors. Wat op aarde gaan maak 200 jeugdiges in Rusland? Hulle gaan geld mors.

Die C24-grondpad is ’n skande! Toerbusse ry daagliks met toeriste na Sossusvlei. Maar N$5 miljoen vir NYC na Rusland, om wat te maak? RCC, hergruis die C24, asseblief. Frankie van Reo, jy het die president laas op toer geneem. Daar het dadels van sy beloftes gekom.

As die "trip" deur die Jeugraad se 200 jeugdiges nie direk voordele inhou vir Namibië nie, dan leer die leiers van môre al van vroeg af hoe om ’n land se lewensbronne te verkwansel. Wat is die doel van die "trip"?

Belangrike mense se kinders was betrokke by “hubbly bubbly”-pype en siedaar, totale verbod. Nou wat van doodstraf vir moordenaars of moet ons eers wag vir soortgelyke verwikkeling in hoë kringe?

Swakopmund, julle kan baie trots wees op jul wetstoepassers dat die CEO aangekeer is. Wys dat niemand bo die wet verhewe is nie. As hy in ’n motorongeluk betrokke sou raak, kon onskuldige mense sterf.

Ons land is besig om bankrot te speel, maar die Jeugraad mors meer as N$5 miljoen. Absoluut skokkend!

Kan daar nie ’n wet wees wat MP’s diskwalifiseer van partye wat nie doelgerigte insette tot verandering lewering nie. Dink net hoeveel miljoen belastinggeld sal gespaar word!

Rehobothers wat ’n miljoen skuld. Daar is baie mense wat saam met my sal stem - wat van jy wat nie ’n vyf sent skuld nie? Nou moet almal in dieselfde kamp geplaas word? Rehoboth-dorpsraad, julle sal jul huis in orde moet kry. Wat het geword van die president waarvan almal so met lof praat, maar hy staan nie op en gryp in nie? Niemand kan iets doen by Rehoboth-dorpsraad. Asseblief, President, gryp in!

Swakopmund! Ons wetsgehoorsame bestuurders hier moet nou versigtig raak. Wanneer jy by ’n stopstraat of rooi verkeerslig stop en dit lyk vir die bestuurders agter jou onnodig, dan tel hulle padwoede op. Miskien moet ons ophou stop. Stollakas.

Aranos, Aranos gemeenskap staan op asseblief! Sodat ons hande vat en saam werk. Kyk net wat gebeur!

Ek wil net weet, is dit Swapo wat sleg is of ons, julle? As die ryk ministers af gaan, sal die uitgehongerde “money hungry“ jonges, wat ooral oorneem, nie die saak vererger nie? DTA, hou tog op baie jok. Julle almal is een perd se prys. Ons kan darem met buitelanders gesels en lag. Eish, DTA! Droom regtig tog van samewerking. Titse! Wat verby is, is verby. Dis ons armes wat ly. Maar President Hage probeer darem Harambee, wat ook so gesteel word! En dit loop dood by die skelm raadslede van Katutura. Ja.

Die PS van Onderwys sê nou die dag oor die NBC se Afrikaanse Diens dat onderwys in Namibië gedy onder die nuwe stelsel. Sy moet asseblief die bewyse voorlê, want die aanduidings ("indicators") dui op iets heel anders.

Swartbooi wil ’n party stig, dan praat hy van “genuine unity!” Ae nee, Swartbooi! Jy wat jou leiers ongehoorsaam en skil en net van een nasie praat.

Ons het ook ’n nuwe onderwyser wat die kinders klap, maar die streekkantoor vee dit onder die mat in. Seker omdat hy ’n HOD is.

Die persoon wat sê hulle wil bewyse hê van Swartbooi en Boois. Ek weet nie van Swartbooi nie, maar ek het tog gelees dat Boois die dinge duidelik gemaak het in die koerant. Of het u miskien die koerant gemis?

Swapo sal julle klaar maak? Ek is in my eie wêreld, stel nie belang in stem nie. Dinge kom nie reg in Namibië nie. Stem julle, dit bly en bly dieselfde.

Karasburg Gekombineerde Skool. In graad 11 word die verpligte Afrikaans, Engels en wiskunde geneem. (The Zone, 10 October 2017). Sowaar geen Khoekhoegowab? Default or design? - J Goeieman, Keetmanshoop

Op veel jonger ouderdom het ek en my vriende altyd gereeld by ons kuierplek ontmoet. Deesdae sien ons mekaar net by DisChem as een van die kinders tyd afknyp om ons te bring. - Piet Skuifelstap

Kommasaris, praat met Gochas-polisie sodat hul patrollering doen. Terwyl hulle slaap word gesteelde vleis en dagga ingebring.

Het ’n paar stoompotte en ek soek hul rubberringe, of waar om te koop. Stuur die plek en selfoonnommer na 081 291 4017.

“Waterkolle op tafelblad”. Vee skoon af, neem botter - nie margarine of olie nie - net egte botter en vryf op tafelblad in.

“Kolle op tafelblad”. As dit ’n houtblad sonder vernis is, probeer mayonaise.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!