SMS'e vir 16 Augustus 2019
SMS'e vir 16 Augustus 2019

SMS'e vir 16 Augustus 2019

". . . die welstand van die kind . . ."
Mandy Rittmann
Dis maklik gesê, sluit Air Namibia, maar besef mense dat Air Namibia nie net passasiers vlieg nie, maar al ons posstukke wat oorsee gaan en ander cargo word alles met Air Namibia gestuur en nie soos mense dink dit gaan oor Suid-Afrika nie. Kry liewers bekwame bestuur om Air Namibia weer op profyte te laat werk.

As iemand ’n straat- of dorpsnaamverandering voorstel, moet hy self die koste dra en nie die belastingbetaler nie. As ons dan wil tolpaaie toets, stel ek voor dat ons eerste toets van Tsumeb na die Noorde, dan kan ons al die nuwe voertuie soos Mercedes Benze, BMW's, dubelkajuitbakkies en GRN met nuwe tegnologie tol laat betaal, dan sal ons mos kan besluit of dit gaan werk en of my 1968 V8 Chevrolet ook lig op brandstof is. – Chris

Verandering van straatname: Dit is vir my onverstaanbaar dat die inwoners gekant is teen die verandering van Duitse straatname. Die werklose en honger mense sal baie liewer onder die naamborde van hulle eie leiers sit? - Axel Munke

President Geingob is very defensive and arrogant when it comes to media asking uncomfortable questions, telling them it is none of their business. Shame on you Mr President. It is our business! You seem to forget that you are supposed to serve the country and the people, not the other way around and not to please friends and investors in deals that have a negative affect on our environment. Your mandate is to serve the people and country for a better life for Namibians.

Die baba wat ek en my vrou besig is om aan te neem, het amper dieselfde oorgekom, maar ons sukkel al vir meer as ’n jaar dat die proses afgehandel kan word. Die staat maak dit so moeilik en rek dit so uit dat jy moedeloos word. Dit lyk dit gaan nie oor die welstand van die kind nie, maar oor dit hang van my af. Die klerk van die hof.

Wil net vir Jan Brand sê in die demokratiese wêreld is jou wegblystem tot voordeel van die meerderheidsparty omdat dit vir hulle die meerderheid vergroot. Wees ’n man en bring jou stem uit en moenie op die grens sit om te sien na watter kant dinge oorhel nie. Net sover.

Wat ’n skreiende skande dat toeriste wat derduisende dollars spandeer, gebruik moet maak van ’n onbegaanbare pad, naamlik die C19 tussen Solitaire en Sesriem. Ek laat my kop in skaamte sak, maar skynbaar pla dit die fat cats geensins! Word tog net wakker en poog om jul prioriteite in orde te kry.

Wil tog net weet, die ministerie van myne en energie help mos met solar sisteme op plase. Kan hulle dan nie nie help met boorgate wat opgegee het nie?

Aan die geldmasjien van die staat se leiers. Besoek julle WVS inkomstekantoor sonder afspraak en sien die werklike laksheids en nie ’n idee wat aangaan nie. Tersyde die stank van urine en vullis. Onlangse voorval in Windhoek-kantoor. Hopeloos om foonkontak te maak. Windhoek inkomstekantoor toe gery, amptenaar nie ’n idee waarvan gepraat word nie. Kliënt self in kantoor agter rekenaar ingeskuif, alles gedoen soos moet en kopieë gemaak. Reaksie van amptenaar: ek weet nie hoe dit werk nie. Kan nie. Maar het die pos losgeslaan! Menere, van te belangrikheid lyk al die departemente in die stelsel so. Betaal asseblief die geld terug wat so maklik te veel afgetrek word.

Die ambulans wat Maandagaand 19:00 by twee lorries bo-op die pas op ’n blinde hoogte buite Tsumeb verby is: Jy hoort in die tronk nie agter ’n ambulans se stuurwiel. As daar iemand van voor gekom het, was jul almal dood. Jammer die owerhede lees nie hierdie briewe en volg dit op nie. Seker te slap vir dit ook soos alles verder.

Seën vir Bettie Hoakhaos van Place of Angles vir wat sy doen. Die tuinidee is goed, maar moenie die kinders voer nie. Voed hulle liewers. – Pietrossie

By Gibeon se polisiestasie word jy oor jou eie goed toegesluit en daar is net een man wat sonder toestemming jag en die polisie vleis gee. Hy word nie toegesluit nie, dan praat hulle van ander mense se goed. Hou op ander mense dop hou. Mens kan nie verhelp dat julle se goed klaar gesteel is en julle vandag niks het nie van dagga en karre koop. Praat nie, los die mense. Julle se tyd is verby asseblief.

Hoekom blaf party mense se honde in Cimbebasia deur die nag? Please City Police. Mense moet gaan werk deur die dag.

Ek soek hulp, my huishulp se suster het gesterf aan kanker en sy het twee dogters van 16, 14 en twee seuns van 9 en 4. My huishulp moet hul nou versorg, alhoewel sy reeds vyf van haar eie kinders het. Dit knetter. As daar iemand is wat ou klere het vir die ouderdomme en dit wil skenk, sal dit opreg waardeer word. As iemand kos wil bydra, sal dit regtig help. Ek help waar moontlik, maar kan hul ongelukkig nie heeltemal onderhou nie. Enige navrae SMS mev. Le Roux, 081 124 7890. Baie dankie.

Ek is ook op vir MTC se SMS’e in die middel van die nag. Skrik my elke keer wawyd wakker. Dit is onaanvaarbaar.

Principals are appointed to lead, manage and administer schools. Cluster principals are supposed to lead, manage and administer both the schools where they are appointed as well as the clusters. Inspectors of Education for the Kalahari Circuit and the Namib Circuit are taking charge of those circuits from Lüderitz and Keetmanshoop respectively and may only travel to visit their temporarily assigned schools in the !Garib Circuit if the need would arise. Not all the schools resorting under the !Garib Circuit are located in Karasburg. Just as it might be in the case if the Inspectors of Education for the Kalahari Circuit and the Namib Circuit whichever Cluster Principal who would have been assigned to temporarily take charge of leading, managing and administering the affairs of the Garib Circuit would have also been required to travel to schools outside Karasburg. It would not have been in the best interest of the learners for such a principal to put his teaching duties aside and be absent from school to visit another school outside Karasburg. - AJ llHoeseb (RD)

Ricardo Auxab van ministerie van finansies in Otjiwarongo verdien ’n goue kliëntediensmedalje! Baie, baie dankie vir jou uitstekende en vriendelike diens. Ek waardeer jou. – Dalene

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!