SMS'e vir 18 Mei 2017
“...Cossasa bly gagga.”
So baie vragmotors met hout in Zambië op een slag. Dit wys jou hoe word die natuur uitgeroei. Chinese gebruik alles vir medisinale doeleindes, tot hout.
?
Die persoon wat besluit mense wat hul oortydgeld soek, moet liewer bid. Bid? Hoekom? Hulle het gewerk vir daai geld. Dis niks minder as reg om daarop aan te dring nie.
?
Met Meatco se binnegevegte staan belangrike besluite stil. Kry jul huis in orde, dit kos die regering!
RCC, asseblief! Ons kinders gaan dood van honger, betaal ons uit en maak toe.
?
Met die skolerugbyproewe wat Maandag begin, wil ek net graag vra: Asseblief keurders, kies die outjies op meriete. Dit is elke jaar 'n probleem wat ontstaan. Ons almal verstaan die verpligte keuses in verhouding tot geleenthede, maar kies die seun wat homself bewys het en beweeg asseblief weg van die voorkeure van sekere kinders en sekere skole se kinders wat moet gekies word.
?
Missing SME Bank money: Criminal cases must be made against the people involved. Government lawyers, do something please.
?
O demmit, Rehoboth! Water vanoggend flou. Nou is dit modderwater. Nee heng! Hou julle water vir julle self. Ons inwoners het nie die gemors nodig nie. Hoe moet ons arm mense lewe, water koop? Aikôna! Kan nie eers duur krag koop nie. Die mense mors net voort. Rehoboth dorpsraad se werkers weet hulle is "untouchable". Niemand spreek hulle aan nie. Apteek is baie naby aan 'n vloekwoord en ek het lus om nou te sê apteek.
?
Het ons jul nuusberig van die 15 "shacks" wat in 7de Laan Otjomuise, Sondagoggend uitgebrand het gemis? Baie mense het alles verloor. (Die berig was op gister se voorblad.)
?
G.E. Grief skryf: Cossasa bly gagga. Die afgelope Cossasa-byeenkoms in Zimbabwe was weer eens gekenmerk deur swak organisasie en oordeel van die bestuur. Om te verwag dat atlete na 'n 50 uur lange busrit en met haglike verblyfomstandighede moet presteer, is 'n gemene daad wat hom jaarliks herhaal. Die uitlating dat dit net 'n sekere groep is wat kla, is 'n blatante verontskuldiging van laakbare gedrag en optrede. Geen atleet in die land verdien sulke behandeling nie. Kastige beamptes wat die span vergesel het - geen meriete en bevoegdheid nie. Vir hulle is dit een groot jol.
?
Og! Ouditeur-generaal, hoekom laat gaan jy nie ook vir Willem /Uirab en sy Swapo-raadslede hier in Aranos nie? Hulle doen dit ook in ander plekke, hoekom nie op Aranos nie?
?
LPM wat sê julle sal nie stem nie omdat julle nie grond het nie, daai is jou eie storie.
?
Korrupsie in Oranjemund met toekenning van huise? Hoe gebeur dit dat enkellopende dames sonder afhanklikes drieslaapkamerhuise kry (B2 en C3 huisgeldterme) en voorwaardes net vir sekere werkers?
?
Alle winkels, firmas, ens: 25 Mei is nie nét Afrika-dag nie, maar ook Hemelvaartdag. Dus moet julle toemaak daardie dag, want ons moet kerk toe gaan. Asseblief.
?
Rehoboth-polisie in die Vader se naam, dagga is nou erg in Blok E Tweede straat en Royal se kant. Asseblief!
?
China myn alles in Afrika, selfs rooshout, om sy miershoop in China te bou. Een van die dae is Afrika net 'n leë gat! - Acmc
?
Ek is al ouer as 70 jaar en ken hom net as "Abram Boepie", dis makliker as koringkriek.
?
Ons het opgegroei met die naam “Abraham-boepie”. Het eers in my volwasse jare gehoor dis 'n koringkriek. Ek dink dis omdat dit so rond is, vandaar die boepiebenaming.
?
Staatsamptenare moet leer om van agt tot vyf te werk, dan hoef hulle nie van vyf tot agt te werk nie. Amen!
?
ELCRN. Ek verstaan nie. Is Biskop //Gamxamub nie die huidige biskop nie? Hoekom moet die vorige biskop nog so in die voorgronde wees. Dis bo my verstand.
?
Telecom, julle internetdiens is meer as pateties. Kry julle huis in orde!
?
Deputy Bishop of ELCRN allow the members and Pastors of our church to vote with their personal conscience and not according to capturing where you use your click and cheerleaders get votes. Stop amending the Constitution to suit you. Deputy Bishop, you are now bringing in the chairpersons of the circuits to the Church Council. Is this according to the constitution?
Die fees van die Lutherse Kerk. Die kerk in Namibië was glad nie tegemoetkomend nie. Lede van die kerk vanaf Suid-Afrika en Botswana het nie 'n kans gekry om te sing nie. Skaam julle dat julle ook nie eens lekker sing nie. Die koor wat alles oorgeneem het, het net 'n hele klomp geraas gemaak het en dink hulle sing lekker. Shame on you.
?
Vratte wat onder naels ingroei: My seun het dit ook gehad jare gelede. Dis 'n virus! Ons was by 'n kruiedokter in Transvaal. En nog nooit het hy dit weer gekry nie.
?
Ek is 'n dame en soek raad vir hare op die gesig, veral op die ken. Dit is so erg dat ek moet skeer. Is daar iets wat hierdie groei kan stop? Raad, asseblief!
?
Daar is al in die verlede gesê as jy nie hou van wat jy kyk op een kanaal nie, skakel oor na die volgende een of kyk wat jy wil. Maar moenie beledigend raak nie. Jy is seker nie van die Kaap nie, so dis hoekom jy Suidooster kan kritiseer? Ek kyk dit, want ek is van daar en ken die mense se kultuur. So, kyk waarvan jy hou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie