SMS'e vir 2 September 2020
". . . verkoop 70% aandele . . ."
Belaglik nê? Duisende skoolkinders het kontak met mekaar op die skoolgronde en in klaskamers, maar kerkdienste, begrafnisse en troues word beperk tot tien. Kennelik weet die onbevoegde regering nie hoe om die pandemie te bestuur nie. Net ’n vraag. Het die inperkingsreëls al enigsins gehelp dat die virus nie versprei nie?
Die president sê nie meer as 10 persone by enige samekomste nie. Die tronkselle is ontwerp vir net 10 persone. Dit gesê, bevat al die selle 20+ persone. Ongeag probleme om dit in tronke toe te pas, verbreek die gevangenisoorwerheid die wetgewing. So, as hulle dit doen, wat verhoed die publiek om dit ook te verbreek? – Fredi
Ek het ’n vraag waarop die Namibiese begrafnisondernemers alleen vir ons ’n antwoord kan gee. Ek verstaan daar is ’n tipe lykkis bekend as Zinc-Liner wat geskik is vir Covid-19-gevalle, met ander woorde absoluut veilig is. Gee ons asseblief meer duidelikheid in die opsig, sodoende kan ons ons geliefdes met meer waardigheid te ruste lê. Die regering het ’n verskuilde agenda in die verband.
Telecom kry nuwe CEO. Vra enigeen op die grond en nie een het iets goed te sê nie. Almal kla oor patetiese diens, verkeerde rekeninge, onprofessionele, ongeskikte en onbevoegde dienslewering oral. Hulle daag nooit op, antwoord nie hulle fone, sê hulle kom terug na jou en doen dit nie. Kry die regering daar uit en verkoop 70% aandele aan die publiek met ’n beperking op die hoeveelheid aandele wat ’n individu mag besit, maar soos alles anders in die land sal dit seker weer ’n korrupte spul wees. Selfs Covid-19 is korrup.
Die pad wat ons plaas toe ry, die grootpad vanaf Bahnhof, is net so sleg. Dit word net half geskraap en die skraper bly staan net op Bahnhof. Wat gaan aan?
Weer vanmiddag hier in Tsumeb ’n rooi Toyota-taxi soos ’n waansinnige sien jaag. Is die verkeersafdeling op ’n 24/7 klokreël?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie