SMS'e vir 21 September 2017
“. . .boeke reg en op datum. . .”
Ek huil nog net vandat ek die video van die baba wat deur die oppasser mishandel is, gesien het. Dit is hartroerend. Mnr. en mev., wees bly julle kind leef nog en wees dankbaar dat julle die probleem vroeg ontdek het. Laat die wet besluit, maar my wens is geen borg vir 'n vrou wat nie 'n hart vir 'n suigeling het nie. Sterkte. Van 'n ma en ouma.
MTC! Jammer oor verlore data? Jammerpakkie net 48 uur geldig? A nee a! Tydbeperkte data behoort teen die wet te wees. Mense verloor ongebruikte data, in ander woorde vat MTC geld waarvoor hulle nie diens lewer nie. In Suid-Afrika word dit gestop. Melk verval ook? Sies MTC, skaam julle. Data is nie 'n vars produk wat kan sleg word nie!
Mnr. Ekandjo! Hoe is dit moontlik dat MTC 2,47 miljoen kliënte het, terwyl ons om en by 3,5 miljoen (sic) burgers in die land is. Kry jou syfers reg asseblief, is dit nie beter om te sê MTC het 2,47 miljoen SMS karakters in gebruik in omset nie?
Die artikel oor dagga in vandag (19 September 2017) se Republikein op bladsy 7 van die Mediese byvoegsel is in my beskeie opinie geloofwaardig, op die man af en goed nagevors. Verder stem ek saam met genoemde voortel(le). - Ollie Joubert (hoof van gewese Nova Vita internasionale Rehabilitasiesentrum vir die behandeling van alkohol en ander dwelms in Windhoek)
Daar is skynbaar 'n magdom mense wat met inkomstebelasting agterstallig is. Wonder maar net of die getal nie dalk wesenlik krimp as finansies se boeke reg en op datum is. Ek praat uit eie ondervinding. Betaal taxi's ook belasting?
Ek sien uit na 'n donkie- en perdeslagpale in Namibië. Dan is daar sommer 'n afset vir die rondloperdiere op paaie wat motorongelukke veroorsaak. Kan 'n ekstra inkomste vir RA wees, om paaie mee reg te maak en lewens te red.
Noem my 'n doemprofeet, maar die donkieslagpale gaan voortgaan of ons nou daarvan hou of nie. Kom ons praat oor 'n paar maande weer as die eerste donkies se pynkrete oor ons land weergalm, terwyl hulle velle lewendig afgestroop word. - Doemprofeet
Dis darem nou verregaande dat die Namibiese polisiemag nou TV-gelde moet help invorder, in plaas van om sigbaar te wees op die strate en misdaad te bekamp, waarvoor hulle opgelei is. Die meeste van hulle kan jou nie eens ordentlik in Afrikaans of Engels adresseer nie. Ek sien 'n klomp aanklagte teen die polisie weens skending van menseregte. Ek sê maar net.
Die wat grond gekry het, moet ook grondbelasting betaal teen vorige eienaars se koerse en huur betaal volgens die grondkoste, dan is dit nie nodig om grondbelasting te verhoog nie. Almal is stil oor die 400% verhoging in waardes. Grondbelasting is ingestel vir vreedsame grondhervorming, nie vir die land se agteruitgang of afname in voedelsekuriteit nie. Dit raak nou tyd om dit weer af te stel, want net sommige betaal in elke geval.
As 'n mens op TV sien hoeveel ministers teenwoordig is, en jy kyk na ons parlement: Leë banke, weinig redenasies. Ons besigheid lyk so Mickey Mouse-agtig. Is ons land ernstig met die bestuur van land? Waarheen beweeg Namibië?
Ek lees laasweek 'n SMS van iemand wat kla oor Otjiwarongo wat vuil is. Ek dink die persoon was nog nie in ander dorpe nie. Mense mors wel soms, veral op die vier grasperke, maar die munisipaliteit maak elke dag skoon, selfs naweke en die res van die dorp lyk vir my heel netjies. Ek dink Otjiwarongo is nie verniet dorp van die jaar nie.
Weet die ministerie van onderwys en polisie dat laerskoolkinders dagga, gafif, tik en nog ander goed op skoolgronde verkoop? Dwelms word aan klasmaats verkoop.
Mnr. Fernando Cumbe, hoof van SADC se polisie-organisasie, sê 'n vuurwapen kan nie 'n koeël keer nie. Hy sê verder dat enige gewapende persoon 'n potensiële moordenaar is. Etsê! Nou wat van 'n knopkierie, okapi, byl, pik, kapmes, baksteen of klip? Is dit dalk omdat vuurwapens hul oorsprong meeste uit die Weste het en die ander moordwapens as tradisionele wapens in die Afrika-konteks gesien word? - X
Akoeb, nie meer 40 dae, net 4 dae. Geniet die laaste skooldae by PK tot jy blok.
Die bestuurder van die wit Isuzu-bakkie met swart tralies en registrasie nommer N645820W wat my gisteroggend 19 September naby die treinbrug by kruin van die pad af probeer druk het, met jou manier van ry het jy dalk nie familie om na om te sien nie. Wel, ek het.
Om in kort by te voeg by JA Rossouw se skrywe in verband met die Bybelvertalings, die volgende: Die herlewing in Engeland in die vroeë jare van die die predikers soos Finney Moody ens. het gekom uit die King James-vertaling. Die herlewing in die Kaap in Wellington, die Paarl en ander dorpe was ook uit die King James-vertaling. Die ongelooflike herlewing in Indonesië was ook uit die King James-vertaling. Die wonderwerk van die slag van Bloedrivier ook uit die King James-vertaling. So was ook die wonderwerk van die Basteroorlog by Sam Khubis uit die King James-vertaling. Ons ken dus 'n boom uit aan sy vrugte wat hy dra. Die Afrikaanse vertalings van 1933, 1953 en 1957 se naslaanbybel is direk vertaal uit die King James Bybel.
Whale Rock Cement, daar is Namibiërs wat twee konstruksieprojekte vir B2Gold in Namibië en Mali voltooi het, en nogal in rekordtyd. Ons as Namibiërs is van die beste werkers in die wêreld en dit gesê deur Kanadese, saam met wie ons gewerk het om twee wêreldklas goudmyne te bou.
Getroud buite gemeenskap van goedere word misbruik om skelm te wees. Jy kan maar skuld aangaan en mense besteel, want jy hoef nie skuld te betaal nie. Alles is op jou man of vrou se naam. Huwelik van begin oneerlik, en wat verwag ons van ons kinders terwyl ons hulle leer om te steel, lieg en bedrieg?
Retired Nampol General James Tjivikua, how can you be Director of NPS and of National Youth Council? You got NPS fired by Namport and give service to NYC and now we get paid less. Comrades in Swapo, this is not fair and a conflict of interest.
Dit is goed en wel as ons weg doen met plastieksakke, maar wat doen ons omtrent leë bierbottels wat orals stukkend gegooi word?
Misdaad teen toeriste: Ministerie verseker hul veiligheid? Moenie dat ek lag nie. Misdaad floreer in Namibië, word erger by die dag en boewe kom op borg uit, keer op keer?
Die regering behoort in te gryp by kompetisies soos die huidige een van MTC. Ja, 13 mense is gelukkig om motors te wen, maar duisende gebruik hul kosgeld om deel te neem en dit vererger die armoede in ons land.
By Palmwag is Maandag weer twee leeus deur 'n jagter geskiet net omdat daar leeuspore naby vee was? Natuurbewaring, vat hom vas.
Hoe kan daar nie nee vir donkieslagpale gesê word nie? Is daar weer geld betrokke waarvan ons nie weet nie? Kan julle onthou wie het vir Jesus op sy rug gedra? Nou wil julle die donkies uitroei?
So Geingob, Namibia together with other African Countries with atrocities to their name voted against upholding human rights in the UN General Assembly to hide the Lubango atrocities? Yet Namibia demands Germany to pay 400 billion in reparation for their crimes? The mentality of that decision boggles the mind. I hope Germany takes note of this revelation and acts accordingly.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie