SMS'e vir 22 Maart 2018
SMS'e vir 22 Maart 2018

SMS'e vir 22 Maart 2018

". . .om water te sny, is gou. . ."
Mandy Rittmann
Vicky ya Toivo kry 'n hervestigingsplaas? Haar man het al een gekry by Omaruru, maar die grond het nie geriewe nie. Siestog! "Proves just how corrupt this country is! I have three words: Absolutely scandalous, shocking! You are going too far government, it is high time the people took to the street like in South Africa. Seems to be the only way."

Die Otji-dok skande: Hoekom is Chiradza nie al 2015 vervolg en van die paaie afgehaal nie? Hy is lankal ’n gevaar vir ander mense en dan is hy nog ’n dokter ook!

Daar word gepraat oor Ariamsvlei en ek neem aan dit is die grenspos. Almal stem saam dat dit vuil en onversorg is. Die personeel is so onvriendelik asof hulle gedwing word om daar te werk. Dit is nou veronderstel om die poort na Namibië te wees. Dit is ’n riller; geen skoon en heel toilette. Nee wat, dit sal nie help om daaroor te kla nie. Die ouens hier is nou te besig om plase te koop. Alles gaan onder, onder. Kry tog asseblief om Vadersnaam die plek skoon en maak die plek aanloklik vir die oog van toeriste!

Motoraanleg in Walvisbaai. Waarom nie Rehoboth nie? Hier is genoeg grond en water en goeie weersomstandighede vir ontwikkeling. Walvisbaai het reeds sy vis- en ander industrieë, wat baie werk skep. Dink net hoeveel honderde karre van die Rehoboth/Windhoek-pad sal afkom as werksgeleenthede in Rehoboth ontwikkel word.

Jy wat die Bybel aanhaal oor lyfstraf, die Bybel sê ook: “tugtig jou kind as jy lief is vir hom”. Geweld is as jy hom met ’n wielspenner oor die kop slaan en tugtig is as jy hom met ’n lat op sy gat slaan. Jou ou telgie word seker reg gepraat? Jou spyt sal nog kom. - Boerseun

Republikein, Market Watch: NBC has 582 employees? Made losses of 4 925.5 billion from 2007 to 2016? How can this be tolerated by government? Close it down!

Waarom moet ek twee keer dink voor ek mor oor lewenskostes in Windhoek? Top-10 duurste stede is in ontwikkelde lande. Wys ’n slag die indeks van duurste stede waarin niks werk nie en die staat miljoene mors.

Jan taks soek net elke dag agterstallige geld, maar wat van dit wat vir ons geskuld word? Wanneer word die belastingopgawes van Junie 2017 verwerk? Julle skuld vir my baie, maar ek hoor niks nie. Oom Calle, word wakker en kyk asseblief daarna. Ek is op pensioen en het dit dringend nodig!

Ons moet onthou “Build together” is vir "local" mense. Ons hoor groot bouers wil "sub". Mariental, nooit! Dit is weer korrupsie.

Oor Ariamsvlei kan daar baie gesê word. Wat van Republikein staan twee blaaie daaraan af, dat almal kan sê wat ons daarvan dink. Vuil en onvriendelik. Mens moet amper jou knie buig voor daardie onvriendelike "staf". Hoekom doen julle die werk as julle nie daarvan hou nie? Kyk na die verskil tussen die twee poste. Kry die plek skoon, asseblief!

Regering en waterwese: Skaal julle alweer af tot die volgende droogte? Waar is die geld wat vir die kanaal van die boonste riviere bedoel was? Net een pyp soos wat vir Swakop bedien, sal genoeg wees as dit aanmekaar na die sentrale damme kan loop. As die weermag minder plase koop, sal die pyplyn vir die hele land ’n groot verligting wees.

Dit maak diep seer. Dit is ’n mors van tyd, geld en energie van "tax"-konsultante om die gemors van die ontvanger uit te sorteer. Hul "system" is ’n groot gemors. Konstant nie papier en ink en boonop moet jy nog derduisende dollars "tax" betaal. Vandag skuld jy niks. Môre skuld jy ’n half miljoen.

Aspris en nalatigheid steek ook kop uit by Windhoek munisipaliteit. Hul lewe lekker, en om water af te sny is gou, maar om dit te kom aansit, moet jy glo bid of lek. President Hage, onse seun, voor jy afgaan, sit asseblief vir ons ou mense koopwaterkrane op. Hulle wat daar sit boelie vir ons daaar weg as ons gaan navraag doen. Een man en sy trawante maak ons bang. Daardie storie van rekenings afskryf werk nie daar. - Oumaros

Dit is nou tipies mens. Met als wat rondom jou aangaan, is jy meer bekommerd oor die rookwet as oor NDF se N$69 miljoen se nutteloosheid? Kyk na belangrike feite! - Trotse roker

South Africa news reported that SA is on top of the list of the worst in economic crimes (corruption) in the world and we are not far behind. Don’t worry Mr. Huang, you have friends in the right places.

Ek stem 100% saam met die persoon wat sê dat die regering kamaras by die "robots" moet opsit. Ek het dit in die buiteland gesien. Die "government" maak baie geld, want as jy ’n padreël verontagsaam, kry jy net ’n boete in die pos wat jy moet betaal en die geld kan gebruik word om die sypaadjies op te knap en nog vele meer.

So eine hirnverbrannte idee mit 2 donkies 2022km durch namibia zu laufen! Hat jemand die donkies gefragt ob sie dazu lust haben? Und dann weiss/ bestimmt die rechtsanwaeltin aus Deutschland (bestimmt auch eine expertin was tiere anbetrifft) auch noch dass ihr 2 besten freunde die donkies mit korrels zufrieden sind? Also wirklich.

Wil tog weet, is daar iemand wat kan help met die ontwerp van matriekafskeidrokke?

Ek soek tog hulp asseblief. Ek het drie nuwe CD’s. Dit het altyd gespeel, maar nou wil dit nie meer speel nie. Kan dit die CD-"player" se fout wees, of die CD’s en wat kan ek doen? Gee tog raad, asseblief.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer