SMSu2019e vir 27 Desember 2016
SMSu2019e vir 27 Desember 2016

SMS’e vir 27 Desember 2016

“Ons kan dankbaar wees . . .”
Dani Booysen
Ons kan dankbaar wees dat ons in Namibië woon. ‘n Land wat deur ons besoekers geprys word vir sy rustigheid, vrede en harmonie. Niemand leef in vrees nie. Almal aanvaar mekaar en elkeen is trots op homself. Kom ons as Namibiërs bou daarop voort.

Die een wat weer staatsgeld vir eie plesier misbruik se naam moet verander na blink Stefaans.

Hoeveel mense moet daar nog verongeluk voordat die diere uit die gordels verwyder sal word!!! Wie verstaan nie wat om te doen nie? ‘n Mens moet net ‘n siviele eis instel teen die persoon wie se diere ‘n ongeluk veroorsaak het. Dis al wanneer hardhorende mense sal luister.

Minister van land en resettlement, ons soek asb ‘n antwoord van rivierpoort waar Neckartaldam deur gebou moet word. Ons is beloftes gegee van plase en uitbetalings. Niks geskied. Soek asb antwoord.

Mr President / govt officials in Swakop on holiday?? Why the traffic stops when you travel behind sinister shaded windscreens, speedcop cars’ sirens blaring, speeding like crazy, endangering traffic/pedestrians? What are you afraid of??? Very bad example to the people!! If you are fair and good to the people surely you have nothing to fear??

Ons moet die voorskoolse onderwys eers in orde kry en die fondament daar lê voor ons goeie resultate kan verwag op primêre, sekondêre en tersiêre vlakke.

Dit maak nie sin dat Khomas se graad 10 & graad 12 uitslae so swak is nie. Dis die streek wat veronderstel is om die goeie onderwysers te hê en dan is inligting vrylik beskikbaar as gevolg van die Internet. Dit kan net op een ding dui: leerlinge se attitude!

Kan die besighede in Keetmans nie deur die polisie verbied word om vuurwerke te verkoop nie? My hond is weg a.g.v. klappers.

Mr Flip Hanekom gets a measly bail of ND1000? We as animal lovers feel that this is unacceptable and hope for a prison sentence at his hearing in March. ND1000 bail for one of the cruelest animal abuse acts in Namibia. The horse loving community need to stand together to prevent Flip Hanekom from ever owning a horse again as well as ensuring he receives the strongest penalty possible.

N$1 000,00 borgtog vir perdman (moordenaar). Dis te min. Die arme dier kan nie praat nie. Kan ‘n mens so gewetenloos wees.

Ons op Langstrand wil net weet wanneer die eienaar van daai half-geboude hotel dit sal klaar maak. Dit sal baie mooi lyk, maar op die oomblik ontsier dit ons pragtige Lalandi-omgewing.

It is very obvious that the so-called Nama is fake. All his/her expressions are anti-Nama but he/she claims to be a Nama. We do not hate ourselves that much so do not believe the many lies you are told. We (Namas) are what we are and that’s the way its going to be. It’s your government and we know that but our ancestral land is part and parcel of who we are...

As LED-ligte onwettig is soos dwelms, ens., hoekom het hulle wettig oor ons grense gekom per faktuur? Die invoerders het almal hul VAT import betaal en ons ook weer by die verskaffers. As dit ‘n verandering aan ‘n motor is, dan is ook al die suspensies, groter bande en bullbars onwettig??? Mnr. Ludwig, daar is meer belangrike werk as dit!

Rehoboth Town Council Mayor en waarnemende finansiële bestuurder en die geskorste amptenaar op ‘n Kersfeestrip na Swakopmund met amptelike voertuig terwyl die dorpsraad verdaag het vir die Kersseisoen. Wat gaan aan? Minister Shaningwa, weet u van die goed?

Barry Rukoro, eet jou bokke gras of KFC? Just asking! Nation must get rid of this chair.

Wonder maar net hoe gaan dit met die oorblywende slagoffers van die Garib-tragedie?

Ek dink Clinton Swartbooi het net die waarheid gepraat oor die grondkwessie, of mag die waarheid nie gepraat word nie, want hoe kan mense van die verre noorde in die verre suide kom grond en plase kry, maar die suide se mense kan nie grond en plase hier in die suide kry nie. Viva Swartbooi, viva.

The second big case this time Chinese arrested for money laundering (3.5 billion) botched when he did not appear in court within 48 hours prompting his release????? Incompetency screams to high heaven. Hold officials responsible for failure of their duties!!

Joos Platt, ek lees weer vandag ‘n versoek wat jy moet antwoord. Ek sal graag jou opinie wil hoor. Jy was ‘n SAP-lid, later ‘n SWAP-lid, later ‘n Nampol-lid. Asb, antwoord. Ek luister graag.

B. Swartbooi is twee keer kans gegee om verskoning te vra. Mense wat so geraas maak, gaan lees julle Bybel. Al is jy onskuldig, het die leier jou gevra om verskoning te vra. As jy nie die president gehoorsaam nie, wie sal jou gehoorsaam, Swartbooi?

Police re-opens Prosecutor General’s and Labour Minister’s sons rape case over a year after case was struck off court roll in September 2014 - whatever was the outcome of this case? Anyone know? Or was it squashed again?

Ek is ‘n Damara-seun. Toe die Namas en Herero’s grond verloor het van 1904 tot 1908, waar was die ander nasies? Hoekom hoor ons net van die Namas en Herero’s wat doodgemaak is?

Ghost teachers gobble millions from govt - what was the outcome of this? Were taxi drivers / ghost teachers ever procecuted? And the education ministry’s employees who made this scam possible?

Chinese bleeding Namibia dry - 20 billion dollar earned in secretly awarded govt contracts leaving our shores in last 36 months. Have they been taken to account for taxes?

Donderdag die 22/12/16 was daar ‘n SMS in Engels wat ons wat agter B. Swartbooi staan, roskam en aan sy Hon. Geingob sê om te deal with them, call them to order. U sê daar moet opgetree word teen tradisionele leiers? U sê u is self ‘n Nama staatswerker? Ek twyfel; seker een van die gelukkige chosen ones wat in die political elite choir sing? U stem is maar ‘n alleen stem uit die donkerte en weeg maar baie lig teenoor die outcry van die massas. U en u sienswyse is geweeg en te lig gevind. G’n Nama met inbors sou teen sy eie mense so ten velde getrek het soos u nie, d.w.s. as u soos ons geniune leather Namas is. – Namaso

Ek sal graag wil weet of die mev. Kays wat glo met ‘n vervalste sertifikaat aangestel is nog in diens is van RTC? – Great uncle, Rhb

Chinese poaching for animal body parts is not only a problem in Namibia. It’s the same in most African countries where there are hundreds of thousands of Chinese. Cambodia just busted a shipment of 1.5 tonnes of illegal ivory, rare timber logs, 10 cheetah skulls, 82 kg animal bones, 137 kg pangolinscales destined for China. Go back to China.

Was Swartbooi verbally appointed as Deputy Minister now that his verbal resignation was taken to account? These are just Mafia tactics . . .

Suide-Swapo’s, dit klink of julle nou eers wakker geword het. Ek is baie bly vir julle. Stem volgende keer tog net reg.

SMS wat ek in Woensdag die 21ste Desember gelees het . . . Ek stem saam met dit. Die getroude manne wat buite die huwelik kind maak en die ergste is, hy word sommer ook gekla oor onderhoud. Waar kla ons wat met die seer en pyn sit, want dis nou normaal, want as ons vir die vroue of meisies kla, sal dit miskien beter gaan. Gee vir ons raad hoe moet ons maak. Wa’ntoe moet ons gaan. Ons kan net nie sit en vergewe en die volgende oomblik word kind weer gaan gemaak by dieselfde meisie. Regtig, help ons laat die ding nagegaan word.

As getroude man wat leraar is na 28 jaar eers besef dat hy deur sy onoplettendheid gaan getrou het, wie is die skuldige ene in die proses? Help my daar, asb.

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!