SMS'e vir 29 Augustus 2018
SMS'e vir 29 Augustus 2018

SMS'e vir 29 Augustus 2018

"...wonderlike geteerde pad,..."
Mandy Rittmann
Dankie Ombudsman. (Jy) het die resettlement lys ontvang en is gelukkig, maar ons die verstote stemvee is nie “happy” nie, so asseblief plaas dit in die koerant voor Oktobermaand. Manie Ross

Brief in Namibian aan Conrad Lutombi, CEO van RA ten opsigte van padtekens by Tsumeb en Otavi: Baie min mense weet van die wonderlike geteerde pad, direk na die Noorde vanaf Tsumeb. ’n Kort twee uur roete in plaas van via Grootfontein neem jou direk tot teen die Okavango rivier (waar die Okavango uit Angola in Namibië in vloei by Katwitwi/Nkurenkuru). Jy reis direk langs die asemrowende Okavango via Rundu na die Kaprivi. Die pad is nie wel bekend nie weens afwesigheid van padtekens, maar ’n moet vir enige persoon se reis plan. Puik teerpad en onvergeetlik mooi!

Kan kabinet asseblief ook nou voet neersit oor gebreekte bierbottels, wat orals gegooi word!

Baie sleg dat individue met geen bestuursondervinding Namibiese rugby probeer sink.

Groot dank aan die aardrykskunde onderwysers van KOD se dae! Julle het my so trots laat voel met my onlangse Europa toer! My twee vriende en ek het vyf lande besoek! Tot ons verbasing, die mense het geen idee waar ons mooie land Namibia geleë is nie! Ons was geleer van land met hoofstad! Dankie vir daardie warm pakslae soms. Ons het iets geleer! Van Des en vriende.

Berig in Rapport van 26 Augustus 2018 oor NRU en Nam Rugby Bpk se sogenaamde magstryd. Eerstens skryf ’n medewerker die berig en wat ’n pot snot. Hoekom? Medewerker haal ’n sleutelspeler aan in ’n berig waar die waarheid maar dun en bespiegeling wyd loop. Sleutelspeler moet weet. Die waarheid seevier altyd en niè wat jy en jou tipe wil hê nie. Watch this space verraaier!

And especially in Namibia where half the country side is without internet, but people need to make payments!

Ek stem saam met jou Joos Platt. Ek het ook dogters wat misbruik word. Ek veroordeel vroueslaners se ouers, wat hulle ondersteun. Ons verloor ons kinders deur geweld.

Whk Gymnasium en WAP fiasko na puik eindstryd. Arrogansie en swak sportmanskap onderstreep die feit, dat nie een van die skole ’n verskoning vir die patetiese gedrag aanbied nie, maar beide regverdig hul onderskeie optredes! Opvoeding en onderwys weer eens die groot verloorder.

Oom Hannes laat weet die naam is “Wonder315 for fruit en veg”. Sy nommer is 081 203 6557.

Ek is ’n onderwyser by Windhoek Gimnasium. Ons het fantastiese kinders in ons skool. Moenie veralgemeen en sê al Gimnasium se kinders het hulle maniere verloor nie. Dit is ’n handjie vol wat oortree en nie almal nie! Ons is trots op ons skool. Julle is net jaloers!

Swakopmund verkeershelde. Walvis vat die manne vas, wat sonder nommerplate ry. Het vandag binne drie ure een wit Toyota, een swart BMW, een wit Mercedes en een polisievoertuig gesien, sonder nommerplate. Slaap voort, dapper helde!

Kan enige gesaghebbende liggaam dalk verduidelik wie en of wat is die “Namibian Marshall Rangers”. Het hulle die City Polisie en Nampol oorgevat? SAP&H

Groot, groot asseblief aan MTC. Stop asseblief om julle “reminders” oor wanneer ’n kliënt se “Aweh” gaan verval in die middel van die nag te stuur, wanneer mense slaap. En asseblief stuur dit net een keer. Nie vyf keer in die nag!

Bianca Foelscher I support you with the cheques. I am and will still use it. The Payment Association (PAN) is responsible for the fading out of cheques. Banks of course support it as they need less staff.

Skande dat ons o.20 rugbyspan se klere soos laslappie lyk.

Reageer op brief van Dirk Van Zyl: Regtig, swak bestuur, swak dienslewering en trots vir jou land as werknemer is daar ook nie meer. Namibië se regeringwerknemers moet regtig aangespreek word, om hul land met trots te diens.

Jy wat kla oor vragmotors naweke op die paaie, moet stop. Wonder waar kry jy Saterdag braaivleis, ’n sopie, ’n Sondag bord kos en poeding. Kyk na ons mede voertuigbestuurders, dan oordeel. Groete. Nog ’n siel op wiel.

Vierde dag sonder water vir Koës gemeenskap. Dit is wanneer jy ’n onbevoegde, alwetende uitvoerende beampte het, wat sulke dinge gebeur. Hoekom bedank jy maar nie, Willie Humphries. Op jou matrieksertifikaat sien is aangedui, dat jy F in Engels het, wat beteken dat jy tog ook matriek gedruip het. Dit beteken dis dat jy ongekwalifiseerd is, vir die posisie waarin jy huidiglik is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!