SMS'e vir 30 Augustus 2018
SMS'e vir 30 Augustus 2018

SMS'e vir 30 Augustus 2018

"Niemand traak meer nie."
Mandy Rittmann
Henties-visfees: Aan die organiseerders, veels geluk met ’n puik aanbieding. Jul mag maar en sien ons uit na die volgende visfees. - D & C

About the book “Swapo Captive” Geingob says, don’t look back at the darkness of the past when it comes to swapo’s attrocities against its own people (which is much worse) but oh yes, do remember the colonialists? Come on Swapo, face and take responsibility for Swapo’s betrayal and torture and deaths and pay the victims and families just like you demand from the Germans. Not so nice when it concerns the ruling party is it?

Ons moet nou Pandora se kis dig hou. Kan ons nie maar ook Kaiser Willhelm se kis dig hou nie? Vra maar net!

Ek lees die berig oor die rugbyspan en die chaos in ons rugbykringe. Toe hou hulle ’n perskonferensie en steeds het niemand met losiehouers gesels nie. Verlede week Dinsdag bevestig hulle, dat die wedstryd voortgaan. Kliënte word genooi en verversings bestel net om daar te kom en daar is geen rugby nie. Dis pateties. Laat Elizma weer beheer neem. Daar was nooit probleme in daardie tyd nie.

Die drie mannetjies op Dinsdag se voorblad, lyk soos onse mense. Hulle is nie uit die verre Noorde nie, doer bo noord of hier onder teen die Garieb, maak nie saak nie. Ook hier in Maltahöhe sal ons plunder. Niemand traak meer nie. Waar is daardie Swartbooi mannetjie. “So silent!”

Minister Hanse-Himarwa moet haar rondflentery oorsee om skedels te vergesel, staak. Dit mors geld! Oral op ons skoolbanke sit lewende skedels met grysstof in holtes, wat wag om onderrig te word! - Pietrossie

The president says we should let the past go and not open up old wounds, yet government and himself constantly use the past as an excuse for ongoing human rights transgressions and freedom theft. Practice what you preach, Mr. President! Its a two-way street.

As dit waar is dat ’n skoolkind vermink en gekook is, moet die moordenaar gehang word. Daar kan nie nog van jare of lewenslange straf beding word nie. Alle vroue moet nou saam staan!

Exhorbitent power tarrifs at coast, where are the good old days when power fell under the municipality and water and electricity were affordable? But no government had to create more top jobs for cronies and well connected creating Ered Nored etc. with massive amount of top jobs like CEO’s, board managers, etc. etc. all earning horrendous salaries, that being the reason for high tarrifs? Give me the old, integrity days anytime!

Kyk weer en weer na Mogamat se foto (bladsy 7, Dinsdag). Noorde se mooi? Waaaaat? - (Pietrossie)

MTC kan jul asseblief vir my verduidelik, hoekom julle binne 3 dae vir my ’n simpel SMS stuur, tussen 1 en 2 in die oggend? Dieselfde SMS twee keer na mekaar. Ek is op roep. Ek mag nie my foon afsit. Dit is myn insiens, rusverstoring of hoe dink jul?

Republikein gee raad asseblief! Is dit oordeel vel of oordeel fel. Is dit vanaf Windhoek, of van Windhoek af. Ek lees dit in jul Dinsdag-uitgawe. [Volgens die HAT word 'n oordeel gevel; die werkwoord is dus met 'n "v". Fel is 'n byvoeglike naamwoord of 'n bywoord, soos fel kritiek lewer of die son skyn fel. Vanaf of van, soos hierbo gebruik, is in beide gevalle reg. - Red.]

Die feit dat ’n onderwyser van Gimmies in die koerant skryf, “mense is net jaloers”, spreek boekdele. Nou hoef julle nie verder te wonder waar die kinders hul maniertjies kry nie. Word so deur onderwysers geleer.

Joos Platt. Ek volg jou op sosiale media. Laasweek kry jy ’n vrou jammer, wat haar kind vermoor het. Gister vra jy dat doodstraf heringestel word en dat die persoon wat die kind vermoor het wat gevind is, aan sy nek moet hang tot die dood intree. Hoe verduidelik jy dit?

Bondelswartsvolk wat vandag in ’n kapteinskap-dispuut gewikkel is, dit is nie vreemde mense wat dit veroorsaak nie. Dis eie seuns en dogters wat as gevolg van hul eie selfsugtigheid, onnoselheid en visieloosheid dit aanblaas en net na die kriminele howe toe hardloop, pleks om na die onderhandelings tafel met die erkende owerheid en die volk te kom. Hulself verroer nie ’n vinger na die volk om hulle uit die armoede te help deur middel van ontwikkelingsprojekte nie. Hulle is ’n klomp lafaards wat agter die howe skuil en wil die aangestelde leiers en volk gyselaar hou en die volk se menseregte skend.

Ek stem 101% saam met Bianca Foelscher oor die ondeurdenkte uitfasering van tjeks. Nog erger dwing dit arm kliënte na duur selfone en internetdienste. So, bankdienste raak nou net rykmansgoed en nie beskore vir die arm man nie, al is jy ’n jarelange kliënt. Uiters swak navorsing was gedoen met die baie dom besluit. Hoop dit word reggestel soos dit was. - Piet Mulder

Phils Car Wash by Volkswinkel Spar. Dankie vir julle goeie diens. Mens kan sien julle manne het ’n liefde vir julle werk. - Rehoboth

Ek is op soek na iemand met die naam Anton Slinger. Werk iewers in Mariental se omgewing. Enige persoon wat hom ken of weet waar hy is, kontak my by 081 487 4961. Hy is jare weg van ons af, ons weet nie of hy nog lewe of waar hy is. - Otto Gariseb

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!