SMS'e vir 30 November 2017
SMS'e vir 30 November 2017

SMS'e vir 30 November 2017

“. . .vergrote kabinet verklein.”
Mandy Rittmann
Ons harte breek oor ons renosters wat op die wreedaardigste manier mishandel en uitgemoor word. Tot die kalfies word met byle gekap! Dit alles vir ’n illusie dat ’n klos dooie saamgeperste hare enigsins medisinale waarde het. Dis sinneloos! Stropers verdien nie om te lewe nie.

Plaasaanval op Engelbrecht: Kom! Gaan die lamlendige polisie weereens skotvry daarvan afkom?

Rêrig! Hoe kon Phasa geblikte leeujag goedkeur? Dis nie jag nie! Kan mens nie ’n petisie opstel om dit te probeer keer nie? Dis regtig nie eties reg nie! Die goedkeuring doen vir seker skade aan die beeld van die hele jagbedryf in Afrika. Skokkend!

Dippenaar moet boet vir sy dade. As Harry kon sit, moet Dippenaar ook langer sit, want ’n moordenaar wat een mens dood maak, sit 15 jaar. Vir die hoeveelheid mense wat hy dood gemaak het, moet hy nooit vry gelaat word nie. Maar hy moet weet God slaap nie.

Dit is so lekker om altyd te hoor ons mense in Namibië betoog vreedsaam. Daar word nie geboue afgebrand en strate bemors nie. Probleme word ordentlik opgelos sonder vyandigheid.

Life or the wrongfull loss of it comes cheap in Namibia: Boxer, Black Mamba out on bail of N$7 000.00 (for - allegedly - causing two deaths) on six charges, two of which have been withdrawn? Why withdrawn if car was unroadworthy and not licenced? What a sick justice system!

Trophy hunting in Namibia is becoming a shame! Due to increasing lobbies against hunting, the Cabinet have now decided to call, rename, falsify the words trophy hunting where a magnificent adult animal is killed for its horns to hang on the killers wall or is stuffed for personal pleasure to conservation hunting to hide this sick fact, practise! It is nothing but a sick lie! Shame on nature conservation!

President Hage moet nou voet neersit en die onbekostigbare, vergrote kabinet verklein. Wat help dit die president kry die steun van 90% van die bevolking en kan nie sy mandaat uitvoer nie? Volgens die president is dit ’n klein prys om te betaal vir vrede, maar aan die ander kant gaan ons land finansiël ten gronde. President Nujoma is nooit so afgepers nie. “Belly politics must stop before another downgrade.”

Seth Boois, jy het groot skade gedoen aan Kalkrand. En nou wil jy die raad dreig. Prokureur Henry Shimutwikeni, jy werk onder die raad en jy moet doen wat hulle sê. Die raadslede is jou baas, hou op rond hardloop en hoekom is jy benoud. Kom vat jou pak!

Wonder hoekom die minister van onderwys nie die hoof en sy "HOD" vrou van die selfde skool kan skei nie. Doen jy as ouer navraag by die HOD oor jou kind wat so sleg gesê en behandel word, is jy die slegste by albei. Hulle doen die “slegte ouers” volgens hulle groot onreg aan.

’n Totale ontgogeling. Swapo en ’n Swapo binne Swapo, maar waarheid word blootgestel al sal die kraaie dit van die dakke verkondig. Ons kyk maar weer vorentoe.

Swapo wants to create a new ministry (A cyber security ministry). So it is yet another high rise building infrastructure etc. As if the existing bloated government is not bleeding the tax payers to death! Please stop the waste!

Vier kwartale: U is heel waarskynlik nie ’n onderwyser of ’n ouer met ’n kind in die skool nie. Dit kos niks om na vier kwartale te verander nie, net ’n bietjie beplaning.

Loftie, ek hou van jou spotprente. Jy mag maar! Jy staan wyle Gene Travers se skoene vol. Welgedaan en doen so voort.

Nie al die NaTIS-kantore is pateties nie. Gaan Usakos se kantoor toe en jy sal aangenaam verras wees. Baie vriendelik en behulpsaam. Maar jy moet natuurlik jou kant ook bring.

Rehoboth polisie, die dwelms loop nog in Blok E erg rond. Steenhuise, 2de straat. Help!

Sowaar die pen bly magtiger as die swaard! Dit is en bly ’n môrele plig van ’n leier om sy kudde in te lig oor ineengestrengelde, komplekse raarhede, dalk op die regte tyd. Welgedaan, Reggie.

Ek soek dringend iemand in Rehoboth, wat klere mooi kan stop. Asseblief. My kontak nommer is 081 336 0181.

Vandag rig ek ’n vriendelike, dog dringende versoek. Indien u moontlik tweedehandse vensters, deure, deurkosyne, tioletstelle, sinkplate en pale het, skakel my by 081 496 4710 en ek tel dit op. Ek het nooit besef hoe groot die behoefte is. Ek sal sorg dat dit by die behoeftige uitkom. Dankie. - Abes

Is daar niemand anders in Windhoek wat rou melk verkoop nie?

Hoekom kan Joos Platt nie terug kom Gibeon toe nie? Asseblief, asseblief hy het ons altyd gehelp en vinnig reageer. Laat hy alleen op Gibeon kom werk.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!