Toneel veilig waar tenkwa met ammoniumnitraat omslaan
Toneel veilig waar tenkwa met ammoniumnitraat omslaan

Toneel veilig waar tenkwa met ammoniumnitraat omslaan

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - ’n Opruimingspan is op die toneel besig waar ’n tenkwa gevul met ammoniumnitraat vroeg vanoggend teen ’n stilstaande vragmotor gebots, van die pad geloop en omgeslaan het.
Die tenkwa van G&H Transport in Kempton Park, Gauteng, was vanaf Suid-Afrika na ’n uraanmyn naby Swakopmund onderweg toe dit die stilstaande lorrie getref het.
Die ongeluk het wes van Wilhelmstal onderweg na Karibib plaasgevind.
Komm. Andreas Nelumbo, bevelvoerder van die polisie in die Erongostreek, sê die polisie is bloot in ’n waarnemende hoedanigheid op die toneel aangesien hulle nie oor die kundigheid beskik om dit op te ruim nie.
Mnr. Gunther Doll, operasionele bestuurder van AEL Mining Services, lei die opruimingswerk.
Hy wou nie nader besonderhede verstryk nie, buiten om die versekering te gee dat die toneel veilig is en verkeer ongehinderd langs daardie roete kan voortgaan.
Volgens hom is die ammoniumnitraat in vloeibare vorm nie so gevaarlik en plofbaar soos die eerste kommunikasie vroegoggend op WhatsApp-groepe laat blyk het nie.
Hy sê ‘n nuusverklaring sal uitgereik word.

Foto: Verskaf

Kommentaar

Republikein 2025-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer