Waterkrisis by SAB gaan bier nié duurder maak
Nellie Brand-Jonker - Die gebrek aan water in die Wes-Kaap sal nie tot ’n tekort aan bier lei nie, sê die SAB nadat sy moutery op Caledon onlangs vir twee weke lank produksie gestaak het.
Robyn Chalmers, direkteur van kommunikasie AB InBev Africa en SAB, het by navraag gesê: “SAB verwag nie dat die sluiting van die aanleg ’n negatiewe impak op bierpryse gaan hê of na ’n tekort aan bier gaan lei nie.”
Sy sê hulle “monitor” die watervoorraad. “Ons het genoeg mout vir ons bierbrouery om soos normaal aan te gaan.”
Dié moutery is een van net twee moutfabrieke wat die bierreus in Suid-Afrika het. SAB behoort aan Anheuser-Busch InBev (AB InBev) van België.
Gars word by die aanleg in mout omskep. Dit is die eerste belangrike stap in die brou van bier.
Volgens Trevor Sanderson, onderhoof van verskaffing en vervaardiging van SAB en AB InBev Africa, was daar in die laaste week van Junie en die eerste week van Julie geen produksie by die fabriek nie ten einde water te bespaar.
Risiko
“Op die oomblik is hy weer ten volle aan die gang, maar as die damvlakke nie verbeter nie, sal ons dalk vir nog twee weke moet sluit.”
Dit kan moontlik in die laaste week van Augustus en die eerste week van September wees. ’n Klein hoeveelheid mout word ingevoer om op te maak vir die verwagte tekort weens die staking in produksie.
Sanderson sê dit is bloot gedoen om die risiko te vermy dat te min mout vir bierbrouery beskikbaar sal wees.
Die groot Alrode-moutery in Gauteng produseer teen sy volle vermoë.
Die stilstaan van produksie by die Caledon-moutery het nie ’n impak op poste nie omdat die produksiestaking benut is vir instandhoudingswerk en skoonmaak.
“Ons het geen voorneme om personeel te verminder nie.” – Netwerk24
Distell gee versekering
Die groot drankvervaardiger Distell het gesê hulle het tot dusver geen ontwrigting van hul bedrywighede in die Wes-Kaap ervaar nie.
“Ons het gebeurlikheidsplanne beskikbaar indien die waterdruk negatief geraak word weens die lae damvlakke.
“Ons wynmakerye en distilleerdery in die Wes-Kaap het ondergrondse waterbronne beskikbaar en ons het planne om die waterverbruik te verminder.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie