1 257 nuwe gevalle
Gister is 1 257 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 33%. Die meeste gevalle is in Windhoek en wel 495. Die nuwe gevalle sluit 82 leerlinge, 26 gesondheidswerkers, 15 studente en nege onderwysers in. Die aktiewe gevalle staan nou op 6 189 waarvan 175 in die hospitaal en 15 in die ICU is. Tot op hede het 394 940 een dosis entstof ontvang, terwyl 332 565 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 92,9%.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie