1 616 mense verloor hul werk
Hoë afleggingsyfers wys die ekonomie eis sy tol in die arbeidsmark.
Tussen Oktober 2017 en Maart 2018 het 1 616 mense in Namibië hul werk verloor.
Dié inligting is Donderdag deur mnr. Erkki Nghimtina, minister van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, in die Nasionale Vergadering (NV) bekend gemaak.
Hy het gereageer op vrae deur me. Jennifer van den Heever van die Popular Democratic Movement (PDM) waarin sy wou weet of die regering oor meganismes beskik wat werknemers teen onregverdige afdankings beskerm.
“Tot watter mate het u ministerie seker gemaak die regte prosedures is gevolg wanneer mense afgelê word?” wou sy weet.
Nghimtina het gesê afleggings is die laaste uitweg wanneer alle moontlikhede om dit te voorkom, ondersoek en beproef is. Hy het daarop gewys die Arbeidswet bied ‘n mate van beskerming aan werknemers wat vir aflegging geïdentifiseer is.
Eerstens moet die werkgewer ten minste 30 dae voor die beplande afleggings die erkende vakbonde of hul verteenwoordigers, asook die werknemers daaroor inlig.
Die kennisgewing moet die redes, die getal werknemers, hul poste en die datum van beplande aflegging uitstippel, het hy verduidelik.
Die werkgewer moet ook met die vakbond onderhandel en verskillende opsies ondersoek eerder as om mense net af te lê.
Dit sluit alternatiewe tot aflegging in terwyl die kriteria ook ondersoek moet word waarop bepaal word wie afgelê gaan word. Daar moet ook gekyk word na hoe die aantal afleggings beperk kan word en die voorwaardes en negatiewe gevolge moet ondersoek word.
Statistiek wat deur die minister voorgelê is, toon tussen Oktober en Desember verlede jaar is 781 werknemers afgelê.
Daarvan is 280 mense deur 38 maatskappye en ondernemings laat gaan, wat hul deure moes sluit.
Altesaam 67 is afgelê omdat hul kontrakte verstryk het en 59 is laat gaan weens maatskappy-oornames. ‘n Verdere 196 is weens ekonomiese redes laat gaan, terwyl 105 hul werk vanweë herstrukturering verloor het.
Verder het 74 werknemers in dié tyd hul werk vanweë tegnologiese veranderinge en ander redes verloor.
Tussen 1 Januarie en einde Maart vanjaar is 835 mense by 87 maatskappye in die land laat gaan.
Die ministerie het ook in die tyd onder oorsig 1 151 arbeidsgeskille hanteer, waarvan 899 suksesvol geskik is sonder dat dit tot stakings gelei het.
Nghimtina sê hy en sy ministerie plaas hul hoop daarop dat die ekonomie sal herstel.
“Kom ons hoop die ekonomie herstel só dat werknemers weer mense in diens kan neem en sodoende die hoë werkloosheid en afleggings in die land kan teenwerk.” - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie