1 dood, 3 gewond in Melbourne
1 dood, 3 gewond in Melbourne

1 dood, 3 gewond in Melbourne

'n Onbekende persoon het uit 'n verbygaande motor op partytjiegangers losgebrand.
Een mens is dood en drie gewond ná ’n wilde skietery buite ’n nagklub in Melbourne, Australië.

Die voorval het vroeg Sondagoggend buite die nagklub gebeur toe ’n onbekende persoon uit ’n verbygaande motor op partytjiegangers losgebrand het.

Drie veiligheidswagte en ’n man wat gewag het om in die klub in te gaan, is met skietwonde na die hospitaal geneem, het die polisie Sondagoggend op ’n nuuskonferensie bevestig.

“Dit lyk asof die skote uit ’n motor afgevuur is,” sê Andrew Stamper, polisie-inspekteur.

Die slagoffers het “verskriklike wonde” opgedoen van ’n wapen wat op kort afstand afgevuur is.

Een van die wagte is in die hospitaal dood. ’n Ander persoon is in ’n kritieke toestand. Die ander twee het nie “lewensgevaarlike beserings” opgedoen nie.

Een van die wagte is in die gesig geskiet.

Daar is nog geen aanduiding dat die aanval met terreur verband hou nie.

Bloedbevlekte klere en patroondoppies het Sondag nog gestrooi gelê buite die Love Machine-nagklub in Melbourne se Prahran-woonbuurt.

Die polisie het ’n beroep op inwoners gedoen om na vore te kom as hulle ’n voertuig gesien het wat Sondag omstreeks 03:00 van die toneel af weggejaag het.

’n Uitgebrande Porche-nutsvoertuig is later net noord van Melbourne gevind, maar die moontlike verband tussen dié voorval en die skietery, is nog onbekend.

Nog niemand is aangekeer nie en die ondersoek duur voort. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!