1 uit 5 Namibiërs steeds ondervoed
Namibië se telling van 20,2 op die indeks dui steeds op ernstige hongersnood, maar tog vaar die land al beter met die voeding van kinders.
Elvira Hattingh – Hoewel hongersnood 'n ernstige probleem in Namibië bly, is daar wel vordering oor die afgelope 21 jaar gemaak om dié saak te beredder – veral as dit by die voeding van kinders kom.
So sê die 2021 Globale Hongersnood-indeks (GHI) wat vandeesmaand uitgereik is.
Die indeks gee Namibië tans 'n telling van 20,2 uit 50, wat steeds op ernstige hongersnood dui. Op die skaal dui nul op die kleinste voorkoms van hongersnood en 50 die ergste. Die skaal gaan tot verby 50 en het vyf kategorieë, naamlik lae hongersnood, matige hongersnood, ernstige hongersnood, kommerwekkende en uiters kommerwekkende hongersnood.
Namibië vaar egter algaande beter met die voeding van kinders. Sowat 6,7% van kinders toon vertraagde groei – 'n syfer wat sedert 1998 voortdurend vanaf 10,0% verbeter het.
Vir die eerste keer is Namibië ook in 'n beter kategorie as dit kom by kinders wat té maer vir hul lengte is. Tog bly dit 'n probleem met 'n telling van 17,7%. Namibië vaar ook beter met al minder kinders onder die ouderdom van vyf jaar wat weens ondervoeding sterf. Sedert die jaar 2000 het dit van 7,5% na 4,2% gedaal.
In Namibië ly sowat 19,8% van die bevolking aan ondervoeding. Tussen 2000 en 2002 het dié syfer op net 13,5% gestaan. Hierdie is egter 'n drastiese verbetering op 2011 tot 2013 se 29,6%.
GROTER PRENTJIE
Namibië vaar beter as die meeste Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC)-lande. Dit is 80ste uit 116 lande in terme van die nasie se voeding.
Namibië se telling van 20,2 op die indeks is egter die beste ooit sedert 2000, toe 'n telling van 25,3 ontvang is. In 2006 was dit 25,8 en toe weer 26,6 in 2012.
Sou Namibië sy telling tot 20 of minder kan verbeter, sal dit een kategorie opskuif – van ernstige hongersnood na die kategorie vir matige hongersnood.
Namibië vaar tans 'n rapsie beter as lande soos Botswana, Malawi, Kenië en Venezuela en heelwat beter as Angola, Lesotho, Indië en Mosambiek. Suid-Afrika vaar die heel beste in die SADC-streek, met 'n GHI-telling van 12,9.
STREEK
Afrika suid van die Sahara, saam met Suid-Asië, is die twee dele in die wêreld waar hongersnood die ergste voorkom.
Die twee streke het GHI-tellings van onderskeidelik 27,1 en 26,1, wat op ernstige hongersnood dui.
Volgens die verslag het dié gebiede in Afrika ook die hoogste vlakke van gebrekkige groei en sterftes onder kinders in die wêreld.
In die verslag word vermeld dat die wêreld se mikpunt van “zero hongersnood” teen 2030 “tragies ver en onbereikbaar” is.
“Huidige voorspellings deur die GHI dui aan dat die wêreld, en 47 spesifieke lande, nie eens die lae vlak van hongersnood teen 2030 sal behaal nie.
Volgens die verslag was 'n voedseltekort wêreldwyd aan die toeneem selfs vóór die Covid-19-pandemie. Die pandemie het intussen ook 'n impak gehad en dienooreenkomstig is tot 41 miljoen mense op die rand van erge hongersnood. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie