10 aanbevelings uit finale Nugent-verslag
Die blote afdanking van Tom Moyane as kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens gaan nie ’n wonderkuur wees nie.
Hanlie Stadler – Daar was ’n “massiewe mislukking van integriteit en beheer” by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).
Die blote afdanking van Tom Moyane as kommissaris gaan nie ’n wonderkuur wees nie – baie werk lê voor.
Dis een van die gevolgtrekkings van oudregter Robert Nugent se finale verslag oor die SAID wat Vrydag uitgereik is. Hy stel dit onomwonde dat Moyane selfs van voor sy amptelike aanstelling daarop uit was om die SAID te “kaap”.
Waar Nugent wel sy woorde versigtig kies, is wanneer hy suggereer dat Moyane die bron was van die Sunday Times-berig wat gebruik is om verskeie senior SAID-amptenare te diskrediteer: “Die Sunday Times moet nog die bron van die berig onthul, maar dit kon nie op ’n beter tyd vir mnr. Moyane gekom het nie.”
Die Sunday Times het intussen om verskoning gevra vir die berig oor die sogenaamde “onwettige” geheime eenheid.
Nugent se voorlopige verslag, wat in Oktober uitgereik is, het Moyane se onmiddellike afdanking aanbeveel, wat pres. Cyril Ramaphosa toe dadelik gedoen het. Dit word nie weer genoem nie; die hooggeregshof pas bevind het Ramaphosa het wel die mag gehad om Moyane af te dank.
Onder die ander aanbevelings is:
1. Stel ’n inspekteur-generaal aan
’n Inspekteur-generaal (IG) wat die rol van toesighouer oor die SAID speel, moet aangewys word. Die IG moet vir ’n hernubare tydperk van vyf jaar aangestel word, met soortgelyke magte as ’n kommissie van ondersoek.
2. Hersien verkrygingsprosesse
Die manier waarop konsultantefirmas soos Bain en Gartner tender vir fase een van ’n kontrak, maar dinge dan só bewimpel word dat latere fases aan hulle toegeken word sonder ’n oop tenderproses, moet gestuit word.
Bain het ieder geval die kontrak vir die herstrukturering van die SAID op bedenklike wyse bekom weens “diepliggende samespanning” met Moyane, bevind Nugent.
Bain het intussen die geld wat hy verdien het, met rente terugbetaal, altesame R217 miljoen, maar Nugent sê: “Betaling van geld sonder openbaarmaking van die waarheid is nie vergoeding nie, maar bemarking.”
Nugent beveel aan dat die nasionale direkteur van openbare vervolgings Bain vervolg.
3. Herstel dié eenhede
Die eenheid vir groot ondernemings moet hervestig word, asook die eenheid oor voldoening aan belastingbeleid. ’n Hoëvlakeenheid vir integriteit moet op die been gebring word. Die eenheid teen onwettige sigarette en ander sluikhandel moet versterk word.
4. Vervang tegnologiehoof, ander
Nugent vee die vloer met Mmamathe Makhekhe-Mokhuane, die SAID se tegnologiehoof, en bevind haar aanstelling was “twyfelagtig”.
“Die getuienis wat sy gegee het, en die manier waarop dit gegee is, was nogal onrusbarend. Ons dink dis ooglopend dat sy nie die vermoë het om beheer van die SAID se informasietegnologie te neem nie. Die aggressiewe, onbetaamlike en ongewone manier waarop sy voor die kommissie getuig het, was ook nie geskik vir iemand in haar posisie by die SAID nie.”
Nugent beveel ook aan dat die nuwe kommissaris – die pos word geadverteer – ’n prestasie-oorsig van die hele uitvoerende bestuur doen. Hul begrip van korporatiewe beheer en ook hul “vermoë om vertroue by die publiek in te boesem”, moet onder meer geëvalueer word.
5. Laat Moyane betaal
Nugent beveel aan dat Moyane die regskoste terugbetaal wat hy aangegaan het “namens die SAID”, maar wat duidelik daarop gemik was om sy eie belange te beskerm. Dit sluit in ’n hofsaak oor of die minister van finansies bonusse mag bepaal en ’n opdrag aan ’n regsfirma om twee boeke te lees om vas te stel of Moyane en Jonas Makwakwa, voormalige hoof van korporatiewe en inkomstebelasting, “of die SAID” daarin beswadder word.
Nugent sê ’n staatsinstelling kan nie belaster word nie en dis daarom duidelik dat Moyane persoonlike veldtogte met die SAID se geld gevoer het.
6. Gee dié mense weer werk
Die kommissie bevind dat Moyane van meet af aan vasbeslote was om ontslae te raak van enigeen wat sy veranderinge sal bevraagteken.
In Moyane se tyd is nagenoeg 200 mense in bestuursposte byna oornag uit hul poste geskuif. Nugent beveel aan dat hulle geplaas word waar hulle “die meeste waarde vir die SAID kan toevoeg”.
Hy beveel ook aan dat “aktiewe stappe gedoen word om voormalige werknemers” weer aan te stel.
Nugent beveel ook aan dat die SAID vergoeding oorweeg aan mense wat verneder is, “nie noodwendig finansieel nie”. Hy doen nie voorstelle oor wat vergoeding kan behels nie.
7. Hersien uitvoerende bestuur se salaris, bonus
Nugent bevind dat die salarisse van mense wat Moyane aangestel het, buitensporig is. Hoewel hy sê dis belangrik dat die SAID mense goed betaal ten einde die beste mense te lok, sê hy dis duidelik dat mense nie presteer nie en steeds goed betaal word én bonusse kry.
Hy vra vrae oor hoe bonusse bereken word. Hy sê dis onvanpas dat mense bonusse kry as die SAID inkomsteteikens haal nadat die teikens aangepas is soos wat invorderingsyfers bekend word – dit kom daarop neer dat hulle beloon word vir wanprestasie.
8. Ryk mense moet aktief ondersoek word
Nugent wys daarop dat mense wat ’n hoë inkomste verklaar, op die oomblik gereeld aan oudits onderhewig is, maar die oudits bestaan bloot uit die verifiëring van papierwerk. Daar word selde indien ooit nagegaan of mense al hul inkomste verklaar, selfs in gevalle waar die individue ’n luukse leefstyl handhaaf.
Nugent het na spesifieke belastingbetalers gekyk, maar onthul nie wie dit is nie.
9. Snoer hul monde
Nugent beveel aan dat senior personeellede verbied word om namens die SAID te praat sonder die magtiging van die kommissaris. Dit is veral ’n verwysing na Luther Lebelo, groephoof vir werknemerverhoudinge, wat ’n brief aan Business Day geskryf het waarin hy politieke stellings maak en ook te velde trek teen kredietgradeerders.
Nugent sê Mark Kingon, waarnemende kommissaris van die SAID, het reeds begin om dié geval te ondersoek, “en ongetwyfeld sal hy ook oorweeg of mnr. Lebelo se gedrag geskik is vir ’n senior werknemer van die SAID”.
10. Maak aanstelling van kommissaris deursigtiger
Die verslag beveel aan dat die president, ná konsultasie met die minister van finansies, steeds die kandidate vir pos van kommissaris benoem, maar dat onderhoude dan deur ’n onafhanklike paneel gevoer word.
Nugent is om verskeie redes nie ten gunste van ’n raad of direksie vir die SAID nie, maar beveel aan dat die pos van adjunkkommissaris geskep word. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie