10 dinge waarvoor ekonome hul ore spits
Met die Namibiese en Suid-Afrikaanse ekonomieë wat nou verbonde is, sal Namibiërs ook vandag (Woensdag) hulle aandagtig luister wat die suidelike buurland se minister van finansies in dié land se nasionale begroting te sê het.
Een ding waaroor die meeste ekonome saamstem Suid-Afrikaners Woensdag in die begrotingsrede gaan hoor, is dat BTW ná 25 jaar verhoog gaan word.
’n Peiling waaraan 12 ekonome deelgeneem het, sê dit is een van die tien kwessies waarvoor hulle hul ore gaan spits wanneer Malusi Gigaba, minister van finansies, die begrotingsrede gaan lewer.
Hier is wat hulle dink Suid-Afrikaners gaan hoor:
1. BTW
Die verwagting is ondanks die feit dat die staat eerder nie BTW sou wou verhoog nie, aangesien dit ook armes gaan benadeel, hy geen keuse gaan hê as om die koers met minstens een persentasiepunt tot 15% te verhoog nie.
Kyle Mandy, hoof van belastingbeleid by PwC, sê die staat kan sowat R22 miljard ekstra verdien deur BTW te verhoog.
Christo Luüs, ekonoom by Ecoquant, meen die kalf is in die put en dat die staat geen keuse gaan hê as om BTW te verhoog nie.
“Ons moet staatsinkomste verhoog om die tekort af te bring en staatskuld te stabiliseer. Dinge soos Zuma se laaste groot present aan die nasie (gratis hoër onderwys) gaan baie kos,” sê hy.
“Hoewel ek nie ’n verhoging in BTW steun nie, het die regering geen ander opsies nie,” sê Jannie Rossouw, hoof van die Skool vir Ekonomiese en Sakewetenskappe aan die Universiteit van die Witwatersrand.
“Persoonlike inkomstebelasting en ander vorms van belasting kan nie genoeg verhoog word om die begrotingstekort te vul nie.”
Mike Schüssler, ekonoom by Economist.co.za, meen weer die staat sal versigtig wees en eerder net BTW op brandstof hef. Brandstof is tans een van die produkte waarop geen BTW gehef word nie.
Hy sê dit sal klaar R17 miljard se inkomste vir die staat genereer wat sowat die helfte is van wat nodig is.
•Belasting op toegevoegde waarde, oftewel BTW, is op 29 September 1991 ingestel. Dit het algemene verkoopsbelasting vervang.
•BTW was oorspronklik 10% maar is in 1993 tot 14% verhoog.
2. Regeringsuitgawes en staatskuld
Baie ekonome wil graag hoor hoe die regering sy eie uitgawes gaan besnoei.
Rossouw sê hy sou graag wou hoor dat die regering in die vervolg net voertuie wat in Suid-Afrika vervaardig is, sal koop vir sy vloot.
“Kabinetslede kan dan ‘trots Suid-Afrikaans’ vervoer word. “Die netto jaarlikse ekonomiese voordeel sal ’n bykomende bydrae van sowat R50 miljard tot die bruto binnelandse produk wees,” sê hy.
Luüs sê hy sal graag wil hoor presies hoe staatsdepartement ingekort gaan word.
Pres. Cyril Ramaphosa het Vrydag in sy staatsrede reeds onderneem om dit te doen.
“Ons sal dus met ’n proses begin om die samestelling, getal en grootte van nasionale staatsdepartemente te hersien,” het hy gesê.
Ekonome wil almal hoor wat die planne is om staatskuld te verminder.
3. Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP)
Emile du Plessis, ekonoom by Finometrica, wil graag hoor wat die vordering met die implementering van die NOP is.
4. Gratis hoër onderwys
Daar is tot dusver geen duidelikheid oor hoe die staat gratis hoër onderwys soos wat Zuma belowe het, gaan finansier nie.
Ramaphosa het net vlugtig daarna in sy staatsrede verwys en gesê meer besonderhede sal Woensdag in die begrotingsrede daaroor gegee word.
5. Staatsondernemings
Verskeie ekonome sal graag wil hoor dat die staat staatsondernemings gaan privatiseer.
Ramaphosa het in sy staatsrede erken baie staatsondernemings bevind hulself in ’n finansiële verknorsing.
“Ons sal beslis ingryp om staatsondernemings te stabiliseer en nuwe lewe in hulle te blaas,” het hy gesê.
Hy het egter geen verwysing na privatisering gemaak nie.
6. Werkskepping
Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer vir PwC, wil graag hoor wat die staat gaan doen om werk te skep.
7. Ekonomiese groei
Met die Internasionale Monetêre Fonds wat voorspel dat Suid-Afrika se ekonomie teen 0,9% in 2018 gaan groei, wil ekonome graag weet wat die plan is om dit teen ’n stewiger pas te laat groei.
Prof. Raymond Parsons, ekonoom verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Sakeskool, sê die onlangse politieke verwikkelinge kan sakevertroue só ’n hupstoot gee dat ekonomiese groei tot nader aan 2% vir die 2018-’19-boekjaar kan styg.
8. Nasionale Gesondheidsversekering
Rob Cooper, belastingspesialis by Sage, sê dit sal interessant wees om te hoor presies wat die planne vir die NGV is.
Ramaphosa het in sy staatsrede gesê sekere projekte wat deel vorm van die NGV en op die mees kwesbare lede van die samelewing fokus, sal reeds in April vanjaar die lig sien.
Cooper sê dit sal interessant wees om te sien of die minister van finansies ’n verandering aan belastingkrediete gaan maak vir mense wat vir private mediese fondse betaal.
9. Persoonlike inkomstebelasting
David French, direkteur vir belastingdienste by Mazars, stem saam met voorspellings vroeër deur PwC en Deloitte dat die minister waarskynlik nie PIB gaan verhoog nie, maar dat daar nie sprake gaan wees van verligting vir blokkruiping nie.
10. Kriptogeld
Ettiene Retief van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Professionele Rekenmeesters wil weet wat die staat se planne is om kriptogeld te reguleer.
“Die gebrek aan regulering en openbaarmaking kan gebruik word om belasting te ontduik en om valutabeheer te omseil,” waarsku hy.
Die Reserwebank het vroeër dié maand aangekondig hy gaan ondersoek doen na kriptogeldeenhede soos bitcoin om vas te stel watter beleid en wetgewing nodig is om dit te beheer.
Wat is nie in die begroting nie?
Net soos wat die ekonome verwag om sekere goed in die begrotingsrede te hoor, verwag hulle ook dat daar kwessies is wat nie genoem gaan word nie.
Rossouw sê hy glo nie Suid-Afrikaners gaan hoor dat die NGV vir eers opsy geskuif is nie.
Du Plessis voorspel weer dat daar steeds geen woord gerep gaan word dat staatsondernemings geprivatiseer gaan word nie.
Dawie Klopper, beleggingsekonoom by PSG Wealth, voorspel daar sal geen aankondiging gedoen word dat Suid-Afrika gaan voortgaan met sy kernkragbouprogram nie. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie