10 dood toe trein ontspoor
10 dood toe trein ontspoor

10 dood toe trein ontspoor

10 mense is dood en 73 beseer toe 'n trein in die noordooste van Turkye Sondag ná swaar reën en 'n grondstorting ­ontspoor het, het 'n amptenaar van die ministerie van gesondheid aan Turkse televisie bevestig. Die trein met 362 passasiers was onderweg na Istanboel toe vyf waens ontspoor het. Een oorlewende wat langs die treinspoor gestap het, het aan CNN Turk vertel dat hy meer as tien lyke gesien het. Luidens 'n verklaring van die eerste minister was die trein in 'n ongeluk in 'n voorstad ná grondstortings betrokke. “Ongelukkig is daar sterftes en beserings,” lui die verklaring. Die goewerneur van Tekirdag, sowat 120 km wes van Istanboel, het die swaar reën vir die ontsporing blameer. “Ons ­helikopters het die toneel bereik. Talle van die beseerdes is al van die toneel verwyder,” het Mehmet Ceylan, gesê. Pres. ­Tayyip Erdogan se kantoor het bevestig dat hy inligting oor die voorval van die ministers van vervoer en binnelandse sake ontvang het, en het sy medelye betuig aan dié wat gesterf het. Foto Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!