10 gebeure wat die wêreld in 2018 kan omkeer
Die afgelope twee jaar is dit duidelik politieke gebeure kan ’n reuse impak op die wêreldekonomie hê. Gebeure soos Brittanje se besluit om uit die Europese Unie (EU) te onttrek en Donald Trump se verkiesing as president van die VSA het nie net die politieke omgewing binne dié spesifieke lande...
Elvira Wood - Lord Mark Malloch-Brown, voormalige adjunk-sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN), het Dinsdag die tien grootste risiko’s wat in 2018 ’n invloed op die wêreldekonomie kan hê aan afgevaardigdes uiteengesit wat die Mynbou-indaba in Kaapstad bywoon.
Malloch-Brown is ’n senior raadgewer by die internasionale konsultant Eurasia. Hy het dié konsultant se verslag oor die grootste risiko’s risiko in 2018as grondslag vir sy voorlegging gebruik.
1. China
China is besig om internasionale standaarde van sy eie te stel oor hoe sake gedoen moet word.
Luidens Eurasia se verslag het geen land so ’n doeltreffende wêreldwye handelsnetwerk geskep as wat Beijing gedoen het nie.
China blyk ook ’n beleid te hê om nie politieke vereistes aan lande te stel wanneer hulle belê soos wat dikwels die geval is wanneer ander lande oor beleggings onderhandel nie, skryf Eurasia in sy verslag.
2. Ongelukke
Malloch-Brown sê dit is net ’n kwessie van tyd voordat iemand iewers in die wêreld ’n ernstige oordeelsfout gaan maak of dat ’n ongeluk kan gebeur wat ernstige politieke en ekonomiese nagevolge kan hê. ’n Voorbeeld van so ’n moontlike ongeluk is as daar iets sou skeefloop met missieltoetse wat Noord-Korea van tyd tot tyd uitvoer.
3. Wêreldwye tegnologie-oorlog
“Die wêreld se grootste stryd oor ekonomiese mag sentreer nou op nuwe inligtingstegnologie.
“Amerika en China ding mee om die meesters van kunsmatige intelligensie te word en hulle sal mekaar die stryd aansê om dié mark te oorheers,” sê Malloch-Brown.
Hy waarsku dat tegnologie nie net ’n risiko vir markte is nie, maar ook vir veiligheid.
4. Mexiko
Amerika en China ding mee om die meesters van kunsmatige intelligensie te word en hulle sal mekaar die stryd aansê om dié mark te oorheers.
Amerika wil die Noord-Amerikaanse vryehandelsooreenkoms tussen Kanada, Amerika en Mexiko heronderhandel. Dis die wêreld se grootste handelsooreenkoms. Dit kan luidens Eurasia se verslag ’n daadwerklike impak op Mexiko se ekonomie hê.
5. Verhouding tussen Amerika en Iran
Die VSA is lank reeds ongelukkig oor Iran se planne met kernkrag en hy probeer dit beïnvloed.
Eurasia voorspel Iran gaan dit nie toelaat nie en gaan aanhou om Amerikaanse skepe naby sy grense te terroriseer wat geweldige negatiewe gevolge kan inhou.
6. Erosie van instellings
“Openbare vertroue in tegnokratiese en burokratiese instellings het oor die ontwikkelde wêreld heen drasties afgeneem,” skryf Eurasia.
Die konsultant waarsku dat mense vertroue in regerings verloor het, asook hul vermoë om reg op te tree. Dit lei tot opstande en onstabiliteit.
7. Proteksionisme 2.0
Die opkoms van bewegings in ontwikkelde markte wat gekant is teen gevestigde gebruike en instellings het volgens Malloch-Brown beleidmakers in sommige gevalle gedwing om weer te kyk hoe hulle in internasionale markte meeding. Al hoe meer mure gaan op om mense se werk binne grense te beskerm. Trump se “Amerika Eerste”-beleid is ’n goeie voorbeeld hiervan.
8. Brittanje
Daar heers steeds groot onsekerheid oor wat die voorwaardes gaan wees wanneer Brittanje die Europese Unie (EU) verlaat. Met dié dat baie bestaande handelsooreenkomste gesluit is met Brittanje as deel van die EU sal daar gesien moet word wat die langtermynuitwerking hiervan gaan wees.
9. Identiteitspolitiek in suidelike Asië
Die toenemende invloed wat Islam in dié streek speel, saam met lande soos Indonesië wat hul eie plekkie in die son wil hê, kan onstabiliteit in die streek vererger wat verder kan uitkring.
10. Gebeure in Afrika
Suid-Afrika is een van die grootste ekonomieë in Afrika. Waar daar ’n paar jaar gelede aansienlik meer politieke stabiliteit in die land was, sê Malloch-Brown is daar nou vrae oor presies wat in die toekoms gaan gebeur. Die uitwerking wat oliepryse op die Nigeriese ekonomie kan hê, word ook as ’n risiko vir ekonomiese groei in Afrika gesien. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie