10 maniere om op versekering te spaar
Verseker net dié items waarsonder jy nie kan klaarkom nie.
Francois Williams – Te midde van petrol- en kragprysstygings, die jongste begroting wat die belastinglas swaarder maak, en verskeie ander koste wat verbruikers tans knou, het Santam die volgende wenke gegee hoe om op versekering te spaar:
1. Oorweeg ’n hoër bybetaling op jou motor om jou maandelikse premie te verlaag, maar steeds dekking te hê.
2. As jy ’n naspoortoestel soos Tracker in jou voertuig het, kan jy beding vir afslag op jou premie.
3. Kies jou nuwe motor mooi – jy kan laer premies kry vir goedkoper motors met kleiner enjins of motors wat nie gewild is by motordiefstalsindikate nie.
4. Kyk deur jou huisinhoud en besluit watter is jy bereid of kan jy bekostig om te verloor en watter nie, en verseker dan net dié waarsonder jy nie kan klaarkom nie.
5. Maak seker die versekerde bedrag vir huisinhoud stem ooreen met die nuwe vervangingswaarde. As dit meer is, moet jy dit verlaag sodat die premie laer is.
6. Duur beweegbare goedere moet jy liewer by die huis los sodat dit deur jou huisinhoudversekering gedek bly.
7. Hou jou adresbesonderhede op datum by die versekeraar. Sommige geografiese gebiede het ’n laer versekeringsrisiko.
8. Maak seker jou motor is vir die korrekte kleinhandelwaarde verseker.
9. As jy dink jy bestuur minder gereeld of beter as die deursnee-motoris, oorweeg ’n toestel wat jou bestuursgedrag monitor, sodat jy aan jou versekeraar kan bewys jy is ’n laer risiko.
10. As jy ’n kar koop met ’n ballonbetaling, skuld jy die bank veel meer as die vervangingswaarde. Oorweeg dus kredietversekering om die gaping te vul tussen jou skuld op die kar en die versekerde waarde. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie