10 mense in Mosambiek onthoof
10 mense in Mosambiek onthoof

10 mense in Mosambiek onthoof

Tien mense is na bewering die naweek in Cabo Delgado, Mosambiek se noordelike provinsie onthoof, berig dié land se staatsradiodiens.

Die TV-nuuskanaal eNCA berig die aanval was in Monjane. Dié dorpie is naby Palma, wat binnekort die land se gas-middelpunt gaan wees.

Die vermoede is dat Islamitiese magte verantwoordelik was vir die aanval.

Luidens eNCA het Machimbuko die aanval bevestig.

“Ons is in kennis gestel van dié tragedie,” het David Machimbuko, administrateur van Palma, aan AFP gesê.

Sedert Oktober was daar verskeie aanvalle deur Islamitiese ekstremiste in Cabo Delgado.

’n Inwoner van Mojane sê die stamhoof van die dorpie is een van die slagoffers van die naweek se aanval. Hy is glo geteiken omdat hy inligting oor Al-Sjabaab se bewegings verskaf het.

Hy het vermoedelik verwys na ’n gewapende groep mense wat in Oktober ’n polisiekantoor en militêre pos op die dorp Mocimboa da Praia aangeval het. Twee offisiere en 14 aanvallers is toe dood.

Die groep het na bewering bande met die Somaliese groep met dieselfde naam.

Ná die aanval is minstens 300 Moslems in hegtenis geneem terwyl verskeie moskees gesluit is. - News24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!