10 sterftes, 309 nuwe gevalle
Die Covid-sterftes styg met tien tot 3 814. Vier was tuissterftes en geen van die sterfgevalle was ingeënt nie. Gister is 309 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiwiteitskoers van 15,3%. Die meeste is in Khomas (81), gevolg deur Otjuzondjupa met 30. Die nuwe gevalle sluit 21 leerlinge, 13 gesondheidswerkers, nege onderwysers en vier studente in. Volgens die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste is 78,6% van die gevalle nie ingeënt nie. Die aktiewe gevalle staan tans op 10 255 waarvan 346 (89% nie ingeënt) in die hospitaal en 35 (97,1% nie ingeënt) in die ICU is. Toto op hede het 413 086 mense 'n eerste dosis entstof ontvang, terwyl 350 609 ten volle ingeënt is.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie