100 ivoorstukke gekonfiskeer
Twee Namibiese mans is verlede Donderdag glo met 100 ivoorstukke in hegtenis geneem.
Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag van die Namibiese polisie se eenheid vir beskermde hulpbronne (PRU) en die ministerie van die omgewing en toerisme se eenheid vir intelligensie en ondersoeke, het mnre. Ratty Tjaveondja en Theopaldt Uaetuiihe, reeds in die Windhoekse landdroshof in Katutura verskyn.
Nóg twee Namibiese mans, mnre. Fillipus Veeteni en Nafimane Hafeni, is verlede week glo met een olifanttand naby Epako vasgetrek.
Altesaam elf verdagtes is verlede week vanaf 30 September tot 6 Oktober in verband met wildmisdaad in hegtenis geneem en vyf nuwe sake is aanhangig gemaak.
Twee verdagtes elk is in verband met renosterstropery of horingsmokkelary en olifantstropery of ivoorsmokkelary in hegtenis geneem.
Beslag is ook op ses ietermagôkarkasse en -velle gelê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie