101 sterftes, 1 009 nuwe gevalle
Die Covid-sterftes styg tot 2 371 nadat 'n 101 sterftes aangekondig is. Oshakati-distrik het die hoogste getal en wel 44, gevolg deur Gobabis-distrik met 27, Walvis-distrik ses, Katima Mulilo-distrik vier, Windhoek-, Swakopmund- en Engela-distrik drie, Keetmanshoop-,
Outjo- en Omuthiya-distrikte twee elk en Nankudu-, Khorixas-, Lüderitz-, Okakarara- en Onandjokwe-distrikte met een sterfte elk. districts
Ses het tuis gesterf en een was 'n swanger vrou. Ses het gister gesterf, 66 tussen 1 tot 14 Julie, en 29 in onderskeidelik Junie en Mei. Die meerderheid van die sterfgevalle was nie ingeënt nie of hul status in die verband kon nie vasgestel word nie. Vier het 'n eerste dosis ontvang en een was ten volle ingeënt.
Gister is 1 009 nuwe gevalle aangemeld (positiewe koers van 32%) waarvan Khomas die meeste gevalle (21%) het, gevolg deur Erongo met 16% en Oshikoto met 11%. Onder die gevalle is 77 leerlinge, 17 onderwysers, 12 studente en 31 gesondheidswerkers. Uit al die gevalle het 36 (4%) een dosis entstof ontvang.
Tans is daar 23 370 aktiewe gevalle waarvan 552 in die hospitaal en 108 in ICU is.
Tot op hede het 134 853 mense hulself laat inent, met 33 420 wat ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 77%.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie