105 nuwe gevalle, een sterfte
Die Covid-19-verwante sterftes vir Namibië het sedert die aanvang van die pandemie het met nog een, dié van 'n 93-jarige vrou van Swakopmund, tot 625 gestyg. Vandag is 105 nuwe gevalle aangemeld waarvan 15 leerlinge en 16 onderwysers is. Die aktiewe gevalle staan tans op 1 582 waarvan 107 in die hospitaal en 40 in die ICU is. Tot op hede het 45 558 (95%) van gevalle herstel.
Tans is 1 445 mense in kwarantyn en 3 778 kontakte word gemonitor. Teen Vrydag is 11 971 mense teen Covid-19 ingeënt.
Tans is 1 445 mense in kwarantyn en 3 778 kontakte word gemonitor. Teen Vrydag is 11 971 mense teen Covid-19 ingeënt.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie