11 leerlinge deel van 48 nuwe gevalle
Elf leerlinge van die senior sekondêre skool Oshakati en kontakte van bevestigde gevalle is deel van die 48 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag aangekondig is. Uit die 48 gevalle is 25 mans en 23 vroue. Die jongste is vier jaar oud en die oudste 76 jaar oud. Deel van die nuwe gevalle is 18 in Windhoek, 17 in Oshakati, vier in Engela, twee in Tsumeb, een in Omuthiya, twee in Swakopmund en een elk in onderskeidelik Gobabis, Mariental, Otjiwarongo en Rundu.
Nog 59 mense het herstel wat die totaal op 10 419 te staan bring. Dit sluit 53 in Khomas en twee elk in onderskeidelik Erongo, //Kharas en Zambezi in.
Uit die 1 713 aktiewe gevalle is een in 'n baie ernstige en vier in 'n kritieke toestand. Dit sluit een baie ernstige geval en twee kritieke gevalle in Khomas en twee kritieke gevalle in Erongo in.
Die aktiewe kontakte wat gemonitor word, is 7 395, die sterftesyfer bly op 131, tot op hede is 115 381 weefselmonsters getoets en tans is 973 mense in kwarantyngeriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie