110 roemryke jare
Die bedryf se oppe en affe
Wanneer 'n bedryf soos Swakara saam met sy produsente, bemarkers, kopers en verwerkers 'n mylpaal soos 110 jaar vier, moet 'n mens 'n oorsigreis na die verlede onderneem.
Hoewel 'n klein bedryf, is dit immers nie net een van die oudste landboubedrywe in die land nie, maar ook een van die sleutelbedrywe vir die ontsluiting van die Suide.
Waar het dit begin?
Die eerste Karakoelskape is al 400 jaar voor Christus beskryf. Vermoedelik het Arabiese stamme in die negende eeu van dié skape van Mesopotamië, Saoedi-Arabië en Iran na Buchara en Chiwa in Oezbekistan gebring, skryf Brenda Bravenboer in haar boek, Karakul – Gift from the Arid Land.
Dit is nie seker waar die naam vandaan kom nie. Dié skape is dalk genoem na die antieke stad Karakul of dalk het die swart krulpelse soos swart rose of die rimpels op die Swart See gelyk het.
In 1903 is die eerste Karakoelskape (28 ooie en vier ramme) na Duitsland gebring en sowat drie jaar later het nog 37 van dié skape aangekom.
Ná toetse by die Halle-universiteit is besluit van die Karakoelskape kan na die Duitse kolonie Suidwes-Afrika uitgevoer word. Op 24 September 1907 het die eerste twee ramme en tien ooie in die hawe van Swakopmund aangekom.
Mnr. Berndt von Kunow, voormalige bestuurder van die Karakoeltelersgenootskap, sê in ’n historiese oorsig mnr. Paul Albert Thorer, ’n nyweraar in Duitsland, en die destydse goewerneur van Suidwes-Afrika, dr. Friedrich von Lindequist, het ’n groot rol gespeel om die skape te bekom. Hulle het die twee ramme en agt van die ooie aan mnr. Albert Voigts gegee. Dit was die begin van die bekende Voigtsgrund-stoetery.
Daarna is nog van die skape ingevoer. Teen Mei 1914 is 100 ramme, 580 ooie en 140 lammers ingevoer en toe was daar 335 rasegte ramme, 830 rasegte ooie en sowat 21 000 Karakoelkruisskape in die land.
In die 1920’s het die belangstelling in Karakoelpels gegroei. In 1924 is 12 000 en die jaar daarop 23 000 pelse na Leipzig in Duitsland uitgevoer waar dit bemark is. Teen 1931 is pelse al teen 14 sjielings en drie pennies (N$1,43) per pels verkoop.
Eerste vereniging
Die eerste Karakoeltelersvereniging is in 1919 gestig en daarna het ’n Karakoelstamboek tot stand gekom.
’n Soldaat, kpl. A.D. Thompson, is ná die inval en besetting van Suidwes-Afrika deur die Unietroepe in 1915 in beheer van die nasionale stoetery geplaas. In die vroeë 1920’s het hy Karakoele met seldsame vlak pelstipes gebruik om foute in die pypkrulstoetery (veral swak haargehalte) te probeer regstel.
Dit het gelei tot die ontwikkeling van sy revolusionêre vlakwatersy-tipes, wat ’n totale omwenteling in die bedryf tot gevolg gehad het.
Deur bemiddeling en op aandrang van die onderneming Theodor Thorer is alle Karakoelpelse uit Suider-Afrika sedert 1927 as Persianerpelse bemark, wat eksklusiwiteit aan die pelse verleen het. In dieselfde tyd is begin met die ontwikkeling van gekleurde pelse.
Ná die Tweede Wêreldoorlog het verskeie pelsveilingshuise ontstaan met sterk mededinging tussen hulle. Dit het tot ’n beter diens aan boere gelei. Pelskopers met bakkies het pelse by die boere op plase ingesamel.
Mettertyd het die pelskopers verdwyn en is die Pelssorteringsentrum in Windhoek tot stand gebring wat deur Agra bedryf word. Die pelse vir die oorsese veilings word hier ontvang en gesorteer. Kopenhagen Fur in Kopenhagen, Denemarke, is die veilingshuis waardeur die bedryf sy pelse bemark.
In 1966 is “Swakara” as die handelsmerk gevestig waaronder pelse afkomstig uit Suidwes en Suid-Afrika in die buiteland bemark is en in 2011 is naam van skaapras van Karakoel en Swakara verander.
Die rede? Oor die afgelope eeu het ’n verandering ingetree in die genotipe van die ras hier in suidelike Afrika – soveel so dat die boere hier nie meer kon aanspraak maak daarop dat hulle nog rasegte Karakoele teel nie.
Verder bemark ander lande in sentraal-Asië – wat hul dikwels aan wanpraktyke ten opsigte van dierewelsyn skuldig maak – nog hul pelse onder die naam “Karakoel”. Plaaslike produsente het gevrees dit kan die Swakara-handelsmerk benadeel en het daarom heeltemal afstand gedoen van die naam “Karakoel”.
Goue era
In die 1960’s en 1970’s het ’n goue era vir die bedryf aangebreek. Teen 1970 het Suidwes en Suid-Afrika 5 148 396 pelse uitgevoer en 4 543 ramme is per jaar verkoop.
Bakteriese skade aan pelse, die oorbeklemtoning van sekere pelseienskappe en algemene swak gehalte van baie pelse het die gevaarligte teen die einde van die 1970’s laat flikker. Ondersoeke, proewe en internasionale simposiums het tot die effense verbetering van die pelse gelei, maar teen die begin van die 1980’s het pelspryse kommerwekkend begin daal.
’n Rampspoedige droogte, hoë rentekoerse en ooraanbod in die bedryf het die geesdrif verder gedemp.
In dié tyd is pelse teen tot N$2 onder produksiekoste bemark en die pelsproduksie het van 4,5 miljoen in 1980 tot 1,9 miljoen in 1982 gedaal. Dit het in 2004 ’n laagtepunt bereik toe net 68 203 pelse uit Namibië en Suid-Afrika uitgevoer is.
Mnr. Jack Albertyn, voorsitter van die Karakoelraad in daardie tyd, het tydens die eeufeesvieringe in 2008 in ’n onderhoud aan Landbeeweekblad gesê met die sterk vraag het die gejaag na getalle en wins die behoefte aan goeie gehalte totaal oorheers.
“Die verskil in die prys van goeie en swak pelse was klein. Die handel het die vlam hoër geblaas met: ‘Produseer enigiets, ons sal dit verkoop.’
“Gehaltebeheer het ’n vloekwoord geword. Eers teen 1983 toe die produksie reeds onder ’n miljoen pelse was, kon oom Johnnie Kirsten gehaltebeheer ingestel kry,” het hy vertel.
“’n Vertikale patroon, die teeldoelwit van die sewentigs, het baie bygedra tot swak gehalte. Dié gogga was so lelik, ek wil dit nie eens beskryf nie. Die ergste is, ons het toe gedink ‘patroon’ tot op die lam se pens, is wonderlik.
“Verskeie mense, soos mnre. Willie la Cock, Stef Coetzee, die S-haarkomitee, die KTG met mnr. Berndt von Kunow as bestuurder en die Campbells van Lovedale, het die toon aangegee om die S-haar terug te bring en die haargehalte te verbeter,” het Albertyn vertel.
Dié inisiatief en die welslae daarvan het daartoe gelei dat unieke Swakarapelse weer die verbeelding van die wêreld se modehuise begin aangryp het.
*Bronne: Landbouweekblad/Karakul – Gift from the Arid Land/110 years of Swakara breeding in Namibia

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie