12 sterf in stormloop in Indië
Indië
Minstens 12 pelgrims is Saterdag in ’n stormloop by ’n Hindoe-tempel, die Mata Vaishno Devi-tempel, in Kasjmir in Indië dood. Nog 14 ander is beseer.
Die stormloop het glo gebeur toe ’n groep mense na die tempel is om die begin van die nuwe jaar te vier.
Ridderskap vir Tony Blair en ‘Bond’-ster
Londen
Tony Blair, voormalige Britse premier, en die akteur Daniel Craig, veral bekend vir sy James Bond-flieks, is van die mense wat deur koningin Elizabeth II van Engeland uitverkies is om tot ridder geslaan te word.
Blair, wat van 1997 tot 2007 die Britse premier was, sal tot Ridder van die Orde van die Kousband geslaan word. Dis die oudste en mees senior orde van ridderskap.
Drie vermis ná brand 991 huise verwoes
Colorado
Drie mense word vermis en daar word gevrees dat hulle dood is nadat ’n brand deur twee dorpe in die Amerikaanse deelstaat Colorado gewoed het.
Altesaam 991 huise is in die dorpe Superior en Louisville is in puin gelê en duisende mense moes hul huise ontruim.
Die brand is geblus nadat sneeu in die gebied geval het.
Australië wil heropen ondanks rekordgetal gevalle
Sydney
Australië se regering het gesê die land sal voortgaan met planne om ekonomiese bedrywighede te heropen, selfs al het nuwe Covid-19-infeksies ’n daaglikse rekordgetal van meer as 37 000 behaal en die aantal mense wat in die hospitaal opgeneem is, wat ook toegeneem het.
Twee passasierskepe deur Covid-19 getref
Brasilië
Passasiers op die MSC Preziosa-passasierskip moes meer as ses uur wag om Sondag by Rio de Janeiro af te klim weens ’n inspeksie deur Brasiliaanse gesondheidsowerhede wat 28 gevalle van Covid-19 aan boord bevestig het. Hiervan was 26 passasiers en twee bemanningslede.
Intussen is ’n Duitse passasierskip wat in die hawe van Lissabon in Portugal vasgekeer was weens ’n uitbreking van Covid-19 onder sy bemanning, se reis Sondag voortydig beëindig nadat sommige passasiers positief getoets het.
– Netwerk24 / Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie