120 passasiers dalk virus-tydbomme
Hoewel Namibië meer mense vir Covid-19 wil toets, moet die gesondheidsowerheid die reagent wat in toetse gebruik word, spaarsamig gebruik.
Ronelle Rademeyer - Die gesondheidsowerheid het geen idee wat van die altesaam 120 passasiers geword het wat op verskillende dae in Maart by die internasionale lughawens Hosea Kutako en Walvisbaai aangekom en nie in kwarantyn geplaas is nie.
Die Namibiërs was van die laastes wat vanaf Suid-Afrika teruggekeer het voordat alle kommersiële streekvlugte opgeskort is.
Altesaam 85 passasiers het op 26 Maart op drie vlugte by Hosea Kutako aangekom en 35 by Walvisbaai. Eersgenoemde groep is ná ure se wag in die aankomssaal en ‘n rondskarrel deur die belanghebbende owerhede toegelaat om huis toe te gaan.
Dr. Kalumbi Shangula, minister van gesondheid en maatskaplike dienste, het tydens die 10:00 inligtingsessie by die Covid-19-kommunikasiesentrum gesê die mense is nie getoets en hul gesondheidstoestand is nie opgevolg nie. Trouens, hulle en die mense met wie hulle in kontak was, word op geen wyse deur die ministerie en sy gesondheidswerkers gemonitor nie.
Volgens hom is hierdie mense ‘n risikofaktor in die bekamping van die coronavirus en die rede vir die uitbreiding en verlenging van die inperkingsmaatreëls.
Hy het ook gesê Namibië gaan heelwat meer mense toets as die 409 wat die afgelope weke getoets is, en sekere groepe teiken.
Toe hy in die vraagsessie deur Jemima Beukes van Namibian Sun om fyner detail hieroor gepeper is, het dit geblyk hoewel die Nasionale Instituut vir Patologie (NIP) nou 96 deppers per toetslopie kan ontleed, die tekort aan reagente dit verhoed. Reagente is die middels waarmee die virus reageer wanneer die toets uitgevoer word deur die depper wat by ‘n pasiënt geneem is, te ontleed.
“Ons moet die bietjie reagente wat ons het, bewaar aangesien daar wêreldwyd ‘n skaarste daaraan is.”
Oor die toetsstelle wat deur die Jack Ma-stigting geskenk is, het hy gesê: “Toe ons dit ontvang en ondersoek het, het ons agtergekom sekere klein komponente ontbreek en ons moet dit eers aanskaf.”
Volgens Shangula sal probleemgebiede geteiken word wanneer toetsing uitgebrei word.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie