120 passasiers en hul kontakte dalk virus-tydbomme
120 passasiers en hul kontakte dalk virus-tydbomme

120 passasiers en hul kontakte dalk virus-tydbomme

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die gesondheidsowerheid het geen idee wat van die altesaam 120 passasiers geword het wat op verskillende dae in Maart by die Hosea Kutako en Walvisbaai internasionale lughawens aangekom en nie in kwarantyn geplaas is nie.
Die Namibiërs was van die laastes wat vanaf Suid-Afrika teruggekeer het voordat alle kommersiële streeksvlugte opgeskort is.
Altesaam 85 passasiers het op 26 Maart op 3 vlugte by Hosea Kutako aangekom en 35 by Walvisbaai. Eersgenoemde groep is ná ure se wag in die aankomssaal en ‘n rondskarrel deur die belanghebbende owerhede toegelaat om huis toe te gaan.
Dr. Kalumbi Shangula, minister van gesondheid en maatskaplike dienste, het Woensdag tydens die 10:00 inligtingsessie by die Covid-19-kommunikasiesentrum gesê die mense is nie getoets en hul gesondheidstoestand is nie opgevolg nie. Trouens, hulle en die mense met wie hulle in kontak was, word op geen wyse deur die ministerie en sy gesondheidswerkers gemonitor nie.
Volgens hom is hierdie mense ‘n risikofaktor in die bekamping van die koronavirus en die rede vir die uitbreiding en verlenging van die inperkingsmaatreëls.
Hy het ook gesê Namibië gaan heelwat meer mense toets as die 409 wat dusver getoets is, en sekere groepe teiken.
Toe hy in die vraagsessie deur Jemima Beukes van Namibian Sun om fyner detail hieroor gepeper is, het dit geblyk hoewel die Nasionale Instituut vir Patologie (NIP) nou 96 deppers per toetslopie kan ontleed, die tekort aan reagente dit verhoed. Reagente is die middels waarmee die virus reageer wanneer die toets uitgevoer word deur die depper wat by ‘n pasiënt geneem is, te ontleed.
“Ons moet die bietjie reagente wat ons het, bewaar aangesien daar wêreldwyd ‘n skaarste daaraan is.”
Oor die toetsstelle wat deur die Jack Ma-stigting geskenk is, het hy gesê: “Toe ons dit ontvang en ondersoek het, het ons agtergekom sekere klein komponente ontbreek en ons moes dit eers bekom.”
Volgens Shangula sal probleemgebiede (“hot spots”) geteiken word wanneer toetsing uitgebrei word.


Foto: Só het dit in die aankomssaal by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe gelyk toe die 85 passasiers gewag het om te hoor of hulle in kwarantyn geplaas gaan word of nie. Foto Verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!