128 000 vra hulp in kampe in Mosambiek
Isabel Venter - Al hoe meer mense kom in Mosambiek by tydelike hulpverleningskampe aan nadat die sikloon Idai hul huise en landerye vernietig het.
Die getal vlugtelinge het tot meer as 128 000 gestyg, berig Reuters.
Volgens Celso Correia, Mosambiek se minister van grond- en omgewingsake en plattelandse ontwikkeling, het die amptelike dodetal nie oor die naweek veel verander nie en staan dit op 447. Dié getal is nog net voorlopig en kan dalk heelwat styg.
Inwoners het met opruimingswerk begin.
Daar is ook begin met die herstel van paaie en infrastruktuur wat heeltemal verspoel het. Verskeie ompaaie word gebou sodat voorraad wat op Beira se lughawe afgelaai word, na afgeleë gebiede vervoer kan word.
CNN berig dat twee telefoonnetwerke die naweek weer begin werk het, maar daar is steeds onderbrekings in die diens.
Hier en daar is die elektrisiteitstoevoer na Beira herstel, maar beurtkrag word toegepas.
BESTAANSBOERE
Felix Dlanagamandla, fotograaf van Netwerk24, het Sondag die Ponta Gea- Katolieke katedraal besoek waar lidmate by kers- en selfoonlig bymekaar gekom het om te bid vir die oorlewendes.
In die afgeleë gebiede sukkel die oorlewendes om genoeg kos te kry.
Nokuthula Manyathi berig uit Beira vir News24 dat plaaslike inwoners met mekaar baklei vir ’n stukkie brood.
In ’n video kan gesien word hoe stoei mense van die Nhamatanda-distrik vir broodrolletjies.
Baie is bestaansboere wat staat gemaak het op hul mielie-, aartappel- en rys-oeste, wat nou heeltemal vernietig is.
In Dombe, 280 km van Beira af, het Suid-Afrikaanse boere ingespring om hawelose mense te help.
Kobus Botha, een van die koördineerders van die Dombe-krisisgroep, samel skenkings van klere en kos wêreldwyd in en stuur dit na Dombe. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie