12de Wildsfees om die draai
Plattelanders beplan groot makietie
Die gemeenskap van Outjo is druk besig om reg te maak vir die 12de Wildsfees wat op 1 en 2 Mei by Sophienhof Lodge op die C39-pad na Khorixas gehou word.
Organiseerders van sê die 2015 Wildsfees sal die beste naweek-vermaak vir oud en jonk bied.
’n Talentvolle groep Namibiese sangers soos Len Nel, André Havenga, Jo Nichol en Jurgens Strydom sal oor die twee dae vir vermaak sorg. Op die Vrydagaand (1 Mei) sal die Suid-Afrikaanse kunstenaars Ampie en die groep Mwah te sien wees, terwyl Ricus Nel en Snotkop vir Saterdagaand (2 Mei) se vermaak sal sorg.
Ná die aandvermaak sal daar tot ou nag op die maat van gewilde musiek deur Leon en CJ Jacobs gedans word, sê die organiseerders.
“Verskillende kosstalletjies sal sorg dat daar geen hol kol op enige maag is nie en niemand sal dors ly nie, te danke aan Namibian Breweries se biertent wat van vroegoggend tot laataand oop sal wees,” het me. Renee de Jager gesê.
Die Otjikondo Boerevereniging is verantwoordelik vir die immergewilde wildsveiling. Daar sal ook verskeie kompetisies soos fietsry, skyfskiet en ’n rodeo wees.
“Vir diegene wat eerder meer passief wil verkeer, word alle Superrugby-wedstryde op die groot TV-skerms gebeeldsend,” het De Jager bygevoeg.
’n Nuutjie by die Wildsfees is ’n proe-en-kuier-tent waar die “grootste moontlike verskeidenheid” Suid-Afrikaanse en Namibiese wyne, kase, olywe, verskillende soorte wildsdisse en vele meer in ’n gesellige atmosfeer uitgestal word. ’n Soesji-demonstrasie gaan ook ’n hoogtepunt wees.
Nog ’n geleentheid om na uit te sien in die proe en kuier tent, is wanneer me. Seline van der Wat van die gewilde Masterchef en Ontbytsake televisiereekse en die Namibiese sjef Chantel Loteryman, die visepresident van die Namibiese Sjefsvereniging, mekaar die stryd by die potte aansê.
’n Oudleerling van Privaatskool Moria en Skole Sjef van 2014, mnr. Gerhardus Louw, gaan ook aan dié koskompetisie deelneem. ’n Komediant sal sorg dat die spanning meer draaglik is vir die drie kokke.
Daar is net ’n beperkte aantal kaartjies vir hierdie eksklusiewe geleentheid beskikbaar, dus maak seker jy koop joune vooruit.
’n Soortgelyke geleentheid in die vorm van “fear factor” is vir Vrydag 1 Mei beplan.
Die Wildsfees is ’n inisiatief van die Otjikondo Boerevereniging. Verlede jaar was die grootste fees nóg met 75 uitstallers en 5 450 besoekers aangebied.
“Die kinderpretpark het seker gemaak dat ma en pa die uitstallers kon besoek en ook die baie suksesvolle wynproe kon bywoon wat deur Privaatskool Moria se gasvryheidsklasse aangebied is. Die ‘rodeo’ het ook vir hope pret vir die cowboys van Namibië gesorg,” het De Jager gesê.
Besoek gerus die Wildsfees se webwerf (www.outjo-wildsfees.com) of die Facebook-blad vir die jongste inligting.
Organiseerders kan by die volgende nommers bereik word:
• Me. Juliana van der Westhuizen (kos- en wynmark, 081 278 2764);
• mnr. Dakkie Anthonissen (algemene navrae, 081 128 5140);
• me. Lindie Lombaard (stalletjies, 081 242 7792); en
• mnr. Jan du Preez (wildsveiling, 081 129 5340).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie