1,3 miljard ton kos jaarliks vermors
1,3 miljard ton kos jaarliks vermors

1,3 miljard ton kos jaarliks vermors

FAO: Voedsel verdien meer respek
Kobus Laubscher
Dr. Kobus Laubscher – Die wêreld is vasgevang in ’n wedloop teen tyd – die huidige geraamdde 7 miljard mense groei teen ’n vinniger tempo as wat kos geproduseer kan word.

Daarbenewens eet meer en meer mense anders as voorheen en is daar namate hul inkomste toeneem, bewese struktuurveranderings aan die vraagkant. Wat egter belangriker word, is of daar genoeg respek is vir wat ons tans eet en kan eet.

Daar is al in vele vorige rubrieke verwys na die enorme vermorsing van kos wat aan die orde van die dag is. Tot eenderde van alle kos wat geproduseer word, beland onverbruik in asblikke. Dit is meer as 1,3 miljard ton kos per jaar.

Baie redes vir hierdie verlies word aangegee en dit verskil op grond van die vlak van ontwikkeling van ’n land.

’n Klassieke voorbeeld is wortels, waar die vereistes op kleinhandelvlak die reeds uitdagende produksie-omstandighede van wortels ignoreer en “lelike”, krom wortels gewoon nie die mark bereik nie.

Die krom wortel-sindroom manifesteer in baie ander vrugte en groente en het aanleiding gegee tot ’n bewuste veldtog getiteld “Love ugly food”. Die veldtog het veral vining veld gewen toe die produkte goedkoper gemaak is. So was daar ’n veldtog om haelbeskadigde appels (die skade was aan die begin van vrugvorming) aan te bied onder ’n ander vaandel. Die verbruiker kon oortuig word dat die “lelike” appel dieselfde smaak as sy mooi gepoleerde eweknie het en teen die regte prys, het die produk van die rake gevlieg. So kan elke wakker huisvrou getuig van besluite wat die begroting rek.

Teen hierdie agtergrond kry ’n onlangse publikasie van die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) nuwe betekenis, naamlik om kos met meer respek te hanteer. ’n Aantal eenvoudige wenke word gegee en dit behoort ons almal twee maal te laat dink.

Die eerste wenk gaan ook ’n doelbewuste poging om vermorsing te beperk. Dit geld veral huishoudings waar inkomstevlakke keuse beïnvloed.

Te dikwels beland kos in die asblik as gevolg van te veel keuses; daar word nie aandag gegee aan die regte hantering van die kos nie en les bes is daar verwarring oor die werklike betekenis van datums op die verpakking.

Kos is gewoonlik van so ’n gehalte dat dit nog veilig verbruik kan word, selfs na die “beste voor”-datum.

Die tegnologie van kosverpakking en –verwerking het sodanig gevorder dat rakleeftyd in bepaalde omstandigede gewaarborg word. In elk geval is sulke produkte ver verwyder van dit waarmee ons grootgeword het.

Dit sluit aan by die tweede wenk, naamlik om te weet wat die oorsprong is van die kos wat ons eet. Daar is al spottenderwys vermeld dat mense ophou om vleis te eet sodra hulle uitvind dat die dier geslag moet word vir sy vleis. Opnames onder kinders in Soweto oor waar melk vandaan kom, het as die boks as die oorsprong uitgewys en van die kinders het aangedui hulle drink nie weer melk nie noudat hulle weet dit kom van ’n koei af nie.

Geletterheid op hierdie vlak is dus baie noodsaaklik. Die FAO kan op Instagram gevolg word en bied selfs ’n toets aan oor waar produkte vandaan kom.

As verstaan word waar kos vandaan kom, is respek vir die vakmanskap verbonde aan produksie net so belangrik. Die produsent kry te min vir wat dit van hom/haar vra, teenoor watter lof daar is vir sjefs en ander mense wat met kos kan toor.

Behalwe vir die kennis wat dit verg, dra die boer ook enorme risiko en vergeet verbruikers gerieflikheidshalwe en maklik hoe hulle hande in die hare was met leë winkelrakke en hoë pryse tydens die droogte.

Daarmee saam is die ondersteuning van plaaslike produsente ewe belangrik. Tegnologie het die spanwydte van megavervaardigers bykans onbeperk gemaak en in baie opsigte is plaaslike produsente nader aan die verbruiker, eenvoudig uit die mark gedruk.

Nuwe vereistes ten opsigte van die koolstofspoor en gevolglike impak op aardverwarming, gaan aankopers dwing om meer plaaslik te koop. Dit kan dalk beteken dat kwaliteit aan die begin ingeboet moet word, maar sal beslis plaaslike produksie die nodige stukrag gee.

In die laaste instansie is daar ’n pleitdooi vir gesonder leefstyle en gesonder eetgewoontes.

Kos wat die plaashek verlaat bevat in die meeste gevalle meer as wat benodig word in terme van gesondender eet.

Die vraag na langer rakleeftyd en sogenaamde verbeterde leefstyle wat die vraag na geriefskosstimuleer, het voor en nadele.

Dit is so dat met die toepassing van tegnologie, die vraag op plaasvlak gestimuleer word en as dit nie daarvoor was nie, vraag heeltemal anders sou lyk.

Balans is nodig wanneer dit by voorkeure kom. ’n Terugkeer na die basiese is die nuwe orde.

Wat jy eet, is wat jy is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!